Die slang, wat eintlik Mrs. Balls heet, het selfs ’n aantrekkamer gehad.

Jawaahier Petersen (Kaashifa) was eers skrikkerig,
Jawaahier Petersen (Kaashifa) was eers skrikkerig, maar het gewoond geraak aan die slang. Foto: Verskaf/kykNET

“Sy is nooit onnodig lank op die stel gehou nie en het net vir haar tonele ingekom,” sê Wilmer Müller, die sepie se publisiteitsbestuurder, oor die 10 jaar oue luislang Mrs. Balls.

“Hein het dadelik met sy nuwe mede-akteur gekliek en was glad nie bang nie. Jawaahier was aanvanklik maar skugter vir haar, maar nes haar karakter het sy ook op die ou end gewoond geraak.” 

Die slang is deur haar eienaar en hanteerder, Bjorn Unger, vergesel, en hy het die akteurs wat teenoor haar moes speel, gewys hoe om haar te hanteer.

By haar is die slang se eienaar, Bjorn Unger. Foto
By haar is die slang se eienaar, Bjorn Unger. Foto: Verskaf/kykNET

“Daar is baie streng reëls vir televisie- en filmproduksies wat betref diere wat in tonele moet wees om te verseker dat hul welstand eerste kom. Dit word vereis dat enige dier deur ’n professionele dierehanteerder vergesel word,” verduidelik Wilmer. 

“Mrs. Balls was een van die duurste akteurs wat ons nog op die stel gehad het, maar ook seker een wat die beste voorbereid was! Sy het nie 'n voet verkeerd gesit nie.”

Dit was ’n vreemde ervaring vir die aktrises Simon
Dit was ’n vreemde ervaring vir die aktrises Simone Biscombe (Bianca, links) en Desiré Gardner (Carmen) om tonele saam met die slang te verfilm. Foto: Verskaf/kykNET

Kykers van die sepie was verdeeld in hul reaksie op Sylvia. 

“Dit het omtrent reaksie uitgelok, want baie mense het maar ’n fobie vir slange! Maar die tonele was nogal komies en het heerlike ligte vermaak geniet, wat die kykers laat lag het."

Kaashifa het aanvanklik nie geweet Junaid, op wie sy verlief is, se troeteldier Sylvia is eintlik 'n slang nie. "Die eerste keer toe Kaashifa besef Sylvia is ’n slang het kykers omtrent laat lag, veral oor Kaashifa se reaksie van: 'Ek dog dis ’n katjie'," vertel Wilmer.

“Katjie” het ook nou Jawaahier se bynaam geraak by van die produksiepersoneel, vertel hy. 

Sylvia het vir eers die mense van Ruiterbosch gegroet.

“Sylvia het pas haar laaste verskyning gemaak noudat Junaid Kaashifa bo Sylvia gekies het . . . Maar wie weet, dalk besef Junaid hy het ’n fout gemaak,” laat Wilmer hoor. 

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitter en Facebook en teken gerus in op ons nuusbriewe.