Nou gaan kykers ook vroeg in April moet afskeid neem van Anlia van Rensburg, wat die rol van Sasha vertolk.

Die aktrise het Johannesburg onlangs gegroet en teruggetrek Kaap toe, waar sy gewoon het voor sy in die kykNET-sepie begin speel het.

“Ek het gevoel dis tyd om my vlerke wyer te sprei. Ek wil graag in meer flieks en reekse speel. Ek het soveel drome en ideale, en in dié bedryf moet jy bereid wees om kanse te waag, al is dit hoe moeilik.”

My Man crush everyday!!! @nathanbarris ???? #soveelliefde #bestfriend #partnerincrime #love #soulmate #myman #missyou #longdistance #blessed #loveyou

A post shared by Anlia van Rensburg (@anliastar) on

Anlia sing ook gereeld op feeste en geleenthede en by skole. Kaapstad is boonop die plek waar Nathan Barris, haar langtermynkêrel, woon.

Hy is ’n waaghals en doen gereeld kontrakwerk in die buiteland. Op die oomblik is hy in Ierland.

In die sepie verhuis haar karakter ook Kaap toe om haar sangloopbaan daar te vestig.

“ ’n Heerlike afskeidspartytjie wag, wat opwindende kykstof gaan wees,” verklap Anlia.

"Dit is tog vir my hartseer dat Reitz en Sasha se paadjie moes skei."

“Die ding wat ek die meeste gaan mis, is beslis die mense. Die vriendskappe wat ek gevorm het, sal my altyd bybly.

“Soveel snaakse goed het agter die skerms gebeur,” vertel sy.

“Ons het ook spesiale tye weg van die stel gedeel. Ek sal nooit vergeet hoe ons eendag op pad terug van ’n fees af om middernag in die middel van die Karoo ons toerbussie gestop, musiek aangesit en onder die sterre gedans het nie. Dit was ’n gevoel van absolute vryheid.”

Anlia en Sean van Noordwyk, wat haar kêrel in Ge­troud met Rugby gespeel het. Foto: Facebook.

Dit was vir haar ’n groot voorreg om teenoor Sean van Noordwyk (Reitz) te speel.

“Hy sal altyd my eerste TV-liefde bly. Omdat hy ook professioneel opgelei is, het ons karakters mekaar sonder moeite verstaan en was elke dag op die stel besonders.

“Ek was van die begin af versot op die karakters en hul liefdestorie. Dit is tog vir my hartseer dat Reitz en Sasha se paadjie moes skei.”