“Dit is die meeste pret wat ons al ooit gehad het. Dit is asof ons met hierdie seisoen net nog meer ’n hegte familie geraak het,” vertel Bennie Fourie oor die reeks wat hy by die Kleinkaap-boetiekhotel in Centurion saam met onder andere Schalk Bezuidenhout, Mila Guy en Beer Adriaanse verfilm het. 

simoné pretorius,aktrise,die hotel
Simoné Pretorius is terug as Jony. Foto: kykNET
bennie fourie,akteur,die hotel
Bennie Fourie, wat Dodgy Mike speel, het die hele seisoen in die regisseurstoel gesit. Foto: kykNET

Bennie, wat ook die hoofskrywer en regisseur is van dié seisoen, verklap dat die storielyne meer fokus op die verhoudings tussen die karakters as in die vorige seisoene. Omdat die span akteurs ook in die regte lewe goeie vriende is, is hulle geneig om onder mekaar die gek te skeer. 

mila guy,schalk bezuidenhout,die hotel
Mila en Schalk Bezuidenhout se karakters is ’n paartjie in die reeks.
de klerk oelofse,akteur,die hotel
De Klerk Oelofse is terug as die skreeusnaakse Boer Jaap. Foto: kykNET

“Om snaakse oomblikke of ’n grap te skryf is moeilik omdat dit vir ’n wye gehoor gepas moet wees,” sê Bennie. 

schalk bezuidenhout,akteur
Schalk word gegrimeer. Foto: kykNET
bennie fourie,beer adriaanse
Bennie, Beer en Simoné gesels oor ’n toneel. Foto: kykNET

“Dit is altyd lekker as jy ’n bekende onderwerp neem en dit op sy kop keer.”

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.