Amor Kruger (26) 

Amor Kruger. Foto: Verskaf
Amor Kruger. Foto: Verskaf

Amor is van Pretoria en het ’n LLB-graad van Unisa agter haar naam, maar haar eerste liefde was nog altyd dans. Sy is ’n voormalige Blue Bulls Babe, doen joga en is 'n partytjiemeisie wat nie alkohol drink nie.

Andeline Wieland (24)

Andeline Wieland. Foto: Verskaf
Andeline Wieland. Foto: Verskaf

Andeline kom oorspronklik van Namibië, maar woon tans in Stellenbosch. Sy het ’n glorieryke skoonheidskompetisie-agtergrond.

Sy was in 2012 Mej. Tiener Namibië en in 2016 eerste prinses in die Mej. Namibië-kompetisie. In 2017 is sy gekroon as Mej. Kontinente. Andeline het ’n honneursgraad in joernalistiek van die Universiteit Stellenbosch en het haar eie besigheid wat kostuumjuweliersware en klere ontwerp.

Bridget Marshall (31)

Bridget Marshall. Foto: Verskaf
Bridget Marshall. Foto: Verskaf

Die reisentoesias van Seepunt in Kaapstad kom nes Marc oorspronklik van Durban. Bridget het ná skool haar tasse gepak en Verenigde Koninkryk toe getrek om te werk en te toer. 

Sy werk deesdae as 'n leeftylbestuurder vir 'n conciergemaatskappy in Kaapstad. Onder haar gunstelingaktiwiteite is stranduitstappies en om inkopies te doen saam met haar vriende.

Bridget was ook swemkaptein van haar skool en is 'n gekwalifiseerde lewensredder.

Daniella Thibault (25)

Daniella Thibault. Foto: Verskaf
Daniella Thibault. Foto: Verskaf

Daniella is van Melkbosstrand buite Kaapstad. Die boorling van Johannesburg is ’n suksesvolle sakevrou met haar eie aanlyn bemarking- en e-handelonderneming.  

Gillian Seetso (26)

Gillian Seetso. Foto: Verskaf
Gillian Seetso. Foto: Verskaf

Gillian is van Douglasdale in Johannesburg. "Gillian met ’n G" het in Roodepoort grootgeword, en praat Afrikaans, Engels en Tswana. Die borrelende ontvangsdame het ook tyd in Kalifornië deurgebring as ’n au pair.

Greta Sher (27)

Greta Sher. Foto: Verskaf
Greta Sher. Foto: Verskaf

Greta woon tans in Broadacres in Johannesburg, maar is in Litaue in Europa gebore. Greta en haar familie woon sedert sy 12 jaar oud was in Suid-Afrika. Sy werk as ’n naeltegnikus. 

Jessica Calder (27)

Jessica Calder. Foto: Verskaf
Jessica Calder. Foto: Verskaf

Jess C kom van die Kaapse voorstad Constantia. Jess is ’n fyngebaksjef met haar eie bakkery en het digitale drukontwerp studeer. Wanneer sy nie in die kombuis woel nie, sal jy haar vind in die gim of iewers besig met hinderniswedrenne.

Jessica was voorheen in 'n verhouding met die Springbok Damian de Allende.

Jessica Ross (28)

Jessica Ross. Foto: Verskaf
Jessica Ross. Foto: Verskaf

Jess R, kom van die suidelike voorstede van Kaapstad. Sy is ’n modeontwerper wat haar eie klerehandelsmerk bestuur. Jess is ook ’n gekwalifiseerde hiphopdanser en was in 2013 in die streeksfinale van Mej. Suid-Afrika.

Marisia van Wyk (24)

Marisia van Wyk. Foto: Verskaf
Marisia van Wyk. Foto: Verskaf

Die spraakterapeut en oudioloog van Klerksdorp is een van die jongste vroue in die Bachelor-huis. Marisia het onlangs ’n TEFL-kursus aan die Universiteit van die Witwatersrand voltooi sodat sy Engels kan onderrig aan nie-Engelssprekendes. Sy kan vyf tale praat, insluitende gebaretaal en Frans. 

Michaela Liebenberg (24)

Michaela Liebenberg. Foto: Verskaf
Michaela Liebenberg. Foto: Verskaf

Michaela is van Pretoria. Sy wil  ’n rolmodel vir ander vroue wees en hulle bemagtig. Sy het drie honde en geniet dit ook om tyd by Pug Rescue SA te spandeer. 

Sy geniet 'n goeie braai, bier en rugby en hou gereeld in Mosambiek vakansie.

Mulesa Lumina (27)

Mulesa Lumina. Foto: Verskaf
Mulesa Lumina. Foto: Verskaf

Mulesa is in die Verenigde Koninkryk gebore en haar ouers is van Zambiese afkoms. Die bemiddelaar van Baysville in Oos-Londen het ’n LLB-graad van die Universiteit van Kaapstad asook 'n meestersgraad in menseregtewet van die Universiteit van Pretoria. Sy is passievol oor vrouebemagtiging. Sy praat vlot Frans en kan ook 'n bietjie Spaans, Portugees, Chinees, Afrikaans en Bemba praat. 

Nolo Moloi (27)

Nolo Moloi. Foto: Verskaf
Nolo Moloi. Foto: Verskaf

Nolo kom van Midrand en is die stigter van ’n sosiale onderneming sowel as ’n vryskut-radioaanbieder en stemkunstenaar. Sy het aan die Universiteit Stellenbosch studeer. 

Parushka Moodley (34)

Parushka Moodley. Foto: Verskaf
Parushka Moodley. Foto: Verskaf

Parushka kom oorspronklik van Pietermaritzburg en volg tans haar passie vir stories vertel in Johannesburg. Sy het voorheen kunsgeskiedenis en Engelse letterkunde aan die Rhodes-Universiteit in die Oos-Kaap geswot en het ’n honneursgraad in filmregie. 

Pasha dos Santos (27)

Pasha dos Santos. Foto: Verskaf
Pasha dos Santos. Foto: Verskaf

Die sêding lui mos dat dinamiet in klein pakkies kom, en in The Bachelor SA se huis is dié stukkie dinamiet se naam Pasha dos Santos. Pasha woon in Milnerton in Kaapstad en was voorheen ’n rasieleier vir die Stormers-rugbyspan. Sy is ook ’n talentvolle kunstenaar wat op skool koor gesing het en viool, klavier, fluit, kitaar en tromme gespeel het. 

Payal Sewbalak (30)

Payal Sewbalak. Foto: Verskaf
Payal Sewbalak. Foto: Verskaf

Payal is beter bekend as Pi en is ’n sakeontwikkelingsbestuurder van Kyalami in Johannesburg. Sy het ’n BA-graad met Engelse letterkunde en kommunikasiestudies as haar hoofvakke. Die doelgerigte skoonheid het in Julie verlede jaar dit tot op die kruin van Kilimandjaro gemaak. Pi het die tog aangepak om geld in te samel vir die Sandton-tak van die Dierebeskermingsvereniging. 

Qiniso van Damme (26)

Qiniso van Damme. Foto: Verskaf
Qiniso van Damme. Foto: Verskaf

Die Kaapse model het ’n hele aantal groot bemarkingsveldtogte agter haar naam. Sy is ook ’n feminis en is tans besig met haar meestersgraad in sosiale antropologie aan die Universiteit van Kaapstad. Qiniso is ook die jonger sussie van die DA-parlementslid Phumzile van Damme. 

Rikki Brest (34)

Rikki Brest. Foto: Verskaf
Rikki Brest. Foto: Verskaf

Rikki, van Johannesburg, se CV is indrukwekkend verby. Sy was in verskeie Suid-Afrikaanse sepies soos Isidingo, 7de Laan en Generations te sien, sy het tromme gespeel in ’n paar Suid-Afrikaanse groepe en ook haar eie, Chix with Stix, gestig, haar eie radioprogram gehad en die hoofrol vertolk in die Suid-Afrikaanse fliek Eternity.

Die donkerkop-skoonheid ken ook haar karre. Sy het al  ’n program aangebied saam met die legendariese Top Gear-span, en het ook gesig gewys in plaaslike televisiereekse soos Petrolheads. 

Silke Geugis (26)

Silke Geugis. Foto: Verskaf
Silke Geugis. Foto: Verskaf

Silke is 'n kampvegter vir veganisme en ’n fisika- en wiskunde-tutor van Kaapstad. Silke se pa is Duits en haar ma Suid-Afrikaans. Haar gunstelingfliek van alle tye is Harry Potter

Stefanie Vangelatos (27)

Stefanie Vangelatos. Foto: Verskaf
Stefanie Vangelatos. Foto: Verskaf

Stefanie is van Johannesburg en het ’n BA-graad in kommunikasiewetenskap en ’n honneursgraad in strategiese bemarkingskommunikasie, wat sy cum laude verwerf het. Stefanie is van Griekse afkoms en was by ’n privaat Griekse skool in Johannesburg. 

Tamryn Muller (30)

Tamryn Muller. Foto: Verskaf
Tamryn Muller. Foto: Verskaf

Tamryn, van Pretoria, is ’n soldaat met ’n regsgraad. Tamryn kom oorspronlik van Kaapstad en sy beskou die feit dat sy haar LLB-graad deeltyds voltooi het terwyl sy voltyds gewerk het as haar grootste prestasie. 

Tegan Edwards (31)

Tegan Edwards. Foto: Verskaf
Tegan Edwards. Foto: Verskaf

Die voormalige professionele tennisspeler kom van Waterkloof Ridge in Pretoria. Sy het op sewejarige ouderdom op die tennisbane van Johannesburg die raket begin swaai en op 12 het sy saam met haar gesin Pretoria toe getrek waar daar meer geleenthede vir haar was om tennis te beoefen. 

Xia Narain (26)

Xia Narain. Foto: Verskaf
Xia Narain. Foto: Verskaf

Xia kom van Durban en was in 2019 ’n top-16-finalis in die Mej. Suid-Afrika-kompetisie. Xia het ’n graad in algemene en bedryfsielkunde van die Universiteit van KwaZulu-Natal. Sy het ook gesig gewys op die loopplanke van verskeie internasionale modeweke.