Maar nou verskyn sy weer op die kassie as Mercia, Louis Koster se ma, in die kykNET-sepie Binnelanders.

“Aan die een kant was ek vreesbevange soos ’n kind op die eerste dag by ’n nuwe skool. En aan die ander kant was ek baie opgewonde oor die uitdaging om ná 10 jaar weer as aktrise terug in die saal te klim,” vertel Susan oor haar terugkeer.

Mercia is ontsteld toe sy Louis in ’n hospitaalbed aantref. Foto: Verskaf.

Mercia het op 3 Oktober uit Engeland in Binneland opgedaag om haar seun, Louis, te kom verras “net om met skok uit te vind dat hy in die hospitaal lê en by die dood omgedraai het”, vertel Susan, wat ses weke lank in die sepie te sien sal wees.

Vandat haar debuutroman, Oros vir die Siel, in 2007 verskyn het, spits sy haar op skryfwerk toe.

Die roman Selma en Louise en die dagstukboek Bruistablette vir die Lewe is die nuutste boeke uit haar pen.

Naomi (Je-ani Swiegelaar) bevraagteken Mercia se skielike verskyning in Binneland. Sy’s immers nie ’n tipiese ma nie . . . Foto: Verskaf.