TV-FLIEKS

E.TV OCEAN’S TWELVE (Misdaad)

’n Spul diewe slaan in een nag op vyf casino’s toe en blaas dan hul buitgemaakte geld. Maar een casino-eienaar eis sy geld terug – en boonop miljoene se rente. Om hom terug te betaal, moet die diewe nog ’n groot rooftog uitvoer. Brad Pitt (foto) en George Clooney.

VRYDAG 19 JANUARIE 20:30 2004, 125 MIN, O13GT

M-NET MILTON’S SECRET (Drama)

Vir die 12-jarige Milton voel dit of sy wêreld uitmekaarval. Sy ouers stres oor hul loopbane en geldsake en hy word op skool afgeknou. Dan kom kuier sy oupa, ’n ewige optimis, en leer vir Milton hoe om ware geluk te vind. Die rolprent is gegrond op die boek deur Eckhart Tolle. William Ainscough en Donald Sutherland (foto).

SATERDAG 20 JANUARIE 14:30 2016, 88 MIN, O

M-NET S.W.A.T.: UNDER SIEGE (Aksie)

’n SWAT-kamp word geteiken nadat een van hul agente ’n geheimsinnige gevangene bekend as “The Scorpion” vasgetrek het. Maar dié is self ’n geheime agent met inligting oor internasionale misdadigers en intelligensieagentskappe. Hulle moet dan alles uithaal om hom en sy geheime veilig te hou. Michael Jai White (foto) en Adrianne Palicki.

SATERDAG 20 JANUARIE 21:00 2017, 89 MIN, 16GT

E.TV HEARTS ON FIRE (Drama)

’n Enkelma wat as operateur vir die 911-nooddiens werk, ontmoet ’n brandweerman wat toevallig in dieselfde gebou as sy woon. Die vonke spat toe haar twee kinders Kupido probeer speel. Alison Sweeney (foto) en Greg Vaughan, wat die hoofrolle vertolk, speel ook in Days of Our Lives.

SONDAG 21 JANUARIE 13:15 & 01:15 2013, 77 MIN, O

E.TV TRANSFORMERS: DARK OF THE MOON (Aksie)

Sam Witwicky en sy meisie moet sy robotvriende help toe die bose Decepticons hul oorlog teen die Autobots hervat. Die Autobots en Decepticons veg teen mekaar en die horlosie om ’n Cybertron-ruimtetuig op die maan te bereik. Shia LaBeouf en Rosie Huntington-Whiteley (foto).

SONDAG 21 JANUARIE 20:00 2011, 154 MIN, O13GT

M-NET LOGAN Aksie.

Hugh Jackman (foto) keer terug as die ikoniese Wolverine in dié 10de fliek in die gewilde X-Men-reeks. Logan versorg ’n siek Professor X by ’n afgeleë buitepos op die Mexikaanse grens. Sy plan om van die buitewêreld weg te kruip word omvergegooi toe hy ’n jong mutant ontmoet wat nes hy is. Ook met Dafne Keen en Patrick Stewart.

SONDAG 21 JANUARIE 20:30 2017, 137 MIN, 18GT

OOK OP DIE KASSIE

VIA KLAVIERKUIERS MET PEDRO

VIA se gewilde musiek-en-kletsprogram keer vir ’n tweede seisoen terug, en hierdie keer is episodes ’n uur lank. In die nuwe seisoen ontmoet Pedro Kruger (foto) legendes van Afrikaanse musiek – van Anneli van Rooyen tot Francois van Coke – deur hulle op die verhoog te nooi, hul bekendste liedjies te speel en sagkens in hul lewe te delf.

SATERDAE OM 19:00

SHOWMAX BUURTWAG

Die eerste seisoen van die kykNET-komediereeks is nou weer op Showmax te sien. Dis gegrond op die Silwerskermfees-kortfliek wat in 2012 die lig gesien het. ’n Jong paartjie, gespeel deur Albert Pretorius (foto) en Beáte Opperman, trek om veiligheidsredes Kaapstad toe, maar besef kort voor lank die Kaap spring ook nie misdaad vry nie.

BESKIKBAAR VANAF 18 JANUARIE