Die nuwe kykNET-dramareeks Spoorloos speel op Digtersdal af, ’n fiktiewe Karoodorp.

In die jare ná die reeksmoorde het Werner Malan (Deon Coetzee) dit vergeefs in ’n vakansieparadys probeer omskep en ’n fortuin verloor. Sy vrou, Angelique (Catriona Andrew), kom uit ’n welgestelde Engelse familie.

Hul seun, Junior (Francois Jacobs), is met Lara (Amalia Uys) getroud, maar sy voel vasgevang in die huwelik.

In hul pogings om die moordenaar vas te trek krap die speurder De Wet (Eric Bouwer) en die joernalis Sonja Landman (Kim Lategan) ou wonde oop.

Van links is Deon Coetzee, Francois Jacobs en Lizz Meiring, wat die rol van Marie vertolk, die bestuurder van die plaaslike koerant.
Francois (regs) by Ludwig Binge, wat ’n vermoorde se broer speel.
Zane Meas speel ’n politieke aktivis, Adam Arendse, en Charl Fleurs sy slimkopseun, Keagan.
Spoorloos se regisseur, André Odendaal, saam met Amalia. Sy vertolk die rol van die ongelukkige Lara.
  • Die reeks met onder andere Lieb Bester, Hannes van Wyk en Wilmien Rossouw is op Cradock in die Oos-Kaap verfilm.
  • Spoorloos begin op 9 Oktober om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).