Flieks

SEVENTH SON

E.TV
SATERDAG 11 AUGUSTUS 15:55
2015. 102 MIN. O13GT
Fantasie.

’n Heks ontsnap ná eeue in aanhouding en sweer wraak teen die mensdom en die een wat haar gevang het. Maar ’n heksejagter staan in haar pad – en dié is boonop besig om  ’n knaap onder sy vlerk te neem en hom die kuns te leer om teen die bose te seëvier.

Met Ben Barnes en Jeff Bridges.


DIE STORIE VAN KLARA VILJEE

KYKNET
SATERDAG 11 AUGUSTUS 20:00
1992. 113 MIN. O13
Drama.

Anna-Mart van der Merwe vertolk die rol van Klara Viljee.

Dié fliek handel oor ’n vrou wat haar pa én verloofde by die see verloor. Sy besluit dan om nooit weer na die see te kyk nie en bou vir haar ’n huis agter ’n groot duin.

Met Anna-Mart van der Merwe en Regardt van den Bergh.


PAUL BLART: MALL COP 2

E.TV
SATERDAG 11 AUGUSTUS 21:55
2015. 94 MIN. O
Komedie.

Ses jaar ná sy heldedaad by die winkelsentrum waar hy werk, gaan die sekuriteitswag Paul Blart op ’n welverdiende vakansie. Hy wen ’n reis na ’n byeenkoms in Las Vegas en besluit om sy tienerdogter saam te neem. Maar als is nie pluis by die hotel nie.

Met Kevin James.


ALICE THROUGH THE LOOKING GLASS

M-NET
SONDAG 12 AUGUSTUS 13:30
2016. 113 MIN. O
Fantasie.

Alice hoor by haar vriende dat dit nie goed gaan met die Mad Hatter nie nadat hy sy familie verloor het. Sy glip deur ’n spieël en keer na Wonderland terug in die hoop om hom én haar vriende te help.

Met Johnny Depp, Mia Wasikowska en Helena Bonham Carter.


PITCH PERFECT 3

M-NET
SONDAG 12 AUGUSTUS 20:05
2017. 93 MIN. 13GT
Komedie.

Die a cappella-groep Bellas is uitmekaar en ontdek gou daar is nie juis werk vir a cappella-sangers nie. Toe hulle dus die kans kry om vir ’n oorsese toer te herenig, kom dié groep bymekaar om vir oulaas saam musiek te maak.

Met Rebel Wilson en Anna Kendrick.


ARGO

E.TV
SONDAG 12 AUGUSTUS 21:55
2012. 120 MIN. 13GT
Drama.

In November 1979 bestorm militante die Amerikaanse ambassade in Teheran en neem 66 Amerikaners gevange. Maar ses slaag daarin om skuiling te kry en ’n agent van die Amerikaanse intelligensiediens word gestuur om hulle te red.

Met Bryan Cranston en Ben Affleck.

Reekse

SHADES OF BLUE

1MAGIC
MAANDAE OM 20:30

Dié polisiedramareeks is terug op die kassie vir die derde en laaste seisoen. In dié seisoen onderneem die enkelma en speurder Harlee Santos (Jennifer Lopez) ’n sending, wat deur lt. Matt Wozniak (Ray Liotta) gelei word, om haar span te red.

Ook op DStv Catch Up beskikbaar.


MOOIMAAK MET CLARE WIESE-WENTZEL

KYKNET
BEGIN DONDERDAG 9 AUG. OM 20:00

Sy het die land aan die praat gehad met deelnemers se transformasies in die eerste seisoen van haar mooimaakprogram. Nou is Clare terug.

In dié seisoen reis sy die land plat om deelnemers se lewe te herskep en die mooi in hul lewe te ontdek.