Dit speel op ’n fiktiewe Karoodorpie af, waar Luan ’n mede-eienaar van ’n restaurant, Die Piering, is.

Dwaalster
Terence Bridgett (links) en Neels van Jaarsveld speel die paar Ruan en Luan. Foto: Verskaf.

Sy haredos wat soos wyle George Michael s’n gestileer is, het “ontsettende lang ure in die salon” geverg, vertel Neels. “Dit was omtrent ’n storie,” voeg hy oor dié kapsel by.

Neels skryf die geloofwaardigheid van die karakter hoofsaaklik aan die hare en grimering toe.

Dwaalster
As Luan saam met sy worshond, Patchouli. Foto: Verskaf.

“Die feit dat daar so deeglik gekyk is na wat die karakter dra heg geloofwaardigheid aan hom. Die pienk en pers lyk mooi en ek moet die kostuumdepartement hiervoor bedank.”

“Veelsydigheid in my karakters is vir my belangrik en so ook die uitdagings,’’ sê hy en Luan was vir hom “ ’n ongelooflik interessante karakter om te speel.”

Dwaalster
June van Merch as die burgemeester Ivy saam met Neels in ’n toneel. Foto: Verskaf.

Neels glo dat sy “effense gedaante verwisseling” by sal dra tot Dwaalster se sukses. “Ek vermoed ek mag dalk ‘n paar nuwe aanhangers bygekry het.”