Liefde op die stel

Joey en Jacob Elordi het op die stel verlief geraak en byna ’n jaar later is die twee steeds smoorverlief. Toe hulle mekaar die eerste keer ontmoet, het Joey al gedink hy is oulik. Hulle was eers vriende voor die liefde begin blom het.

"Dit was ’n interessante ervaring om jou kêrel op die stel te ontmoet omdat julle soveel tyd saam deurbring en vinnig geheg raak aan mekaar,’ vertel die aktrise."

Grapjas

Joey is nie net ’n goeie aktrise nie; sy is ook ’n grapjas. Op die stel van Independence Day: Resurgence het sy van ’n skaatsplank afgeval en haar medester Liam Hemsworth se kar gesteel om verbande te gaan koop.

Die fliek

The Kissing Booth, ’n romantiese tienerkomedie, is in Kaapstad verfilm. Dit gaan oor twee vriende, Elle (Joey) en Lee (Joel Courtney).

Hulle het ’n reël dat Elle nie met Lee se broer, Noah (Jacob Elordi), mag uitgaan nie. Maar Elle plaas hul jare lange vriendskap op die spel toe sy haar eerste soen by Noah kry.

Bekende gesig

Sy was 10 jaar oud toe sy haar eerste groot rol, as Ramona in die fliek Ramona and Beezus teenoor Selena Gomez, losslaan. Sy was ook al te sien in Crazy, Stupid, Love en vertolk die hoofrol in die riller Slender Man, wat  later vanjaar uitgereik word.

Vriende in hoë kringe

Joey is vriende met die aktrise Rachel Crow. Haar ander boesemvriendinne is Selena Gomez, Jaime King en Taylor Swift, in wie se musiekvideo vir Mean sy in 2010 verskyn het.

Bronne: Hellomagazine.com, Seventeen.com, Popbuzz.com