Waaroor gaan dit?

Dié sepie, wat in samewerking met VIA (DStv-kanaal 147) vervaardig is, handel oor die skatryk Weyers-gesin wat deur die patriarg, Sebastian Weyers, se skielike dood geruk word.

Die ambisieuse oudste broer, Bastian, die vrede­maker-suster, Annchen, en Jacques, die rebelse laatlambroer, kom byeen saam met Sandra, hul pa se jong lewensmaat, vir die lees van sy testament.

Dis ’n resep vir heelwat intrige, spanning en drama . . .

Hoe werk dit?

Die sepie se blitsformaat is ontwikkel om by die hedendaagse gejaagde lewe in te pas. Die episodes is net vyf minute lank, en intekenare van Netwerk24 kan sommer op hul slimfoon of rekenaar daarna kyk.

Elke episode bring ’n belangrike wending en eindig op ’n noot van hoogdrama.

Die 63 episodes is tussen ­Julie en Augustus in Houtbaai verfilm. Dit sal van 2 September tot 29 November elke weekdag op Netwerk24 uitgesaai word.

Elke episode bring ’n belangrike wending en eindig op ’n noot van hoogdrama.

Die karakters – en wie hulle speel

SANDRA MARITZ (42)

Amrain Ismail-Essop se karakter was die afgelope vyf jaar Sebastian se lewensmaat – deels uit liefde en deels omdat sy ’n geleentheid raakgesien het.

Sandra is beeldskoon en weet hoe om haar voorkoms te gebruik om ander om haar pinkie te draai. Sebastian se dood laat haar wêreld inmekaartuimel.

Die twee is nooit getroud nie, wat beteken dat sy nie vir ’n deel van sy erflating in aanmerking kom nie. Sy wend haar tot skelmstreke.

JACQUES WEYERS (23)

Die rol van die rebelse jongste broer wat nooit volkome by die gesin ingepas het nie, word deur Andahr Cotton vertolk.

Jacques is ’n vrygees wat twee keer sy universiteitstudie opgeskop het en sedertdien by die huis woon. Hy jaag sy droom na om ’n musikant te wees terwyl hy bitter min werk doen en ’n salaris verdien as die bemarker van die gesins­onderneming.

Hy dra swaar aan gevoelens van woede en skop vas teen gesag, maar hy is dalk meer van sy familie afhanklik as wat hy besef . . .

ANNCHEN WEYERS (36)

Rolanda Marais speel Annchen, ’n soort moeder­figuur vir haar broers. Ná hul pa se dood keer sy terug om die vrede tussen hulle te bewaar.

Toe dié drie se ma met Jacques se bevalling gesterf het, het sy die rol van ma ingeneem. Toe sy klaar studeer het, kon sy nie gou genoeg van al haar gesinsverantwoordelikhede wegkom nie.

Op eie houtjie het sy toe haar suksespad as argitek gebaan.

BASTIAN WEYERS (38)

Op die oog af lyk Bastian, vertolk deur Nico Panagio, so naby aan perfek as kan kom, maar onder sy aantreklike voorkoms skuil ’n donker kant.

Hy is die hoof van die gesinsonderneming, maar is eintlik onbevoeg om dit te bestuur – iets wat hy met skelm onderhandelings verdoesel. Hy’t boonop ’n drankprobleem.

Sy vrou het onlangs saam met hul kinders die pad gevat en ’n ultimatum gestel dat sy hom finaal gaan los as hy nie sy duiwels takel nie.

SEBASTIAN WEYERS (59)

Die rol van die patriarg word deur André Roothman
Die rol van die patriarg word deur André Roothman vertolk.

Die rol van die patriarg word deur André Roothman vertolk. Sebastian het in ’n werkersklasgesin grootgeword, maar homself tot sakeman opgebou.

Al was hy geliefd en gerespekteer in sakekringe, het hy baie druk op sy kinders geplaas en hulle nooit vir hul insette geprys nie.

ROBERT VAN BREDA (58)

Nico Panagio (Bastian Weyers) en Roderick Jaftha,
Nico Panagio (Bastian Weyers) en Roderick Jaftha, wat die rol van die Weyers-­gesin se lojale prokureur van die afgelope 20 jaar vertolk.

Die rol van die Weyers-­gesin se lojale prokureur van die afgelope 20 jaar word deur Roderick Jaftha vertolk.

Roderick is vriendelik, berekend en wys. Maar toe die gesin uitmekaarspat en donker geheime begin ontrafel, word sy lojaliteit tot die uiterste beproef.

NATASJA LUDICK (50)

 Sandra Prinsloo vertolk die rol van ’n gewetenlos
Sandra Prinsloo vertolk die rol van ’n gewetenlose geldskieter, Natasja.

Die bekroonde veteraan­aktrise Sandra Prinsloo vertolk die rol van ’n gewetenlose geldskieter, Natasja.

Sy is iemand met mag en invloed, en behoede die een wat haar belange bedreig. Natasja is beslis nie bang om in te gryp wanneer dinge nie na haar sin verloop nie.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.