Vanjaar se skouspel vind plaas op Vrouedag, Vrydag 9 Augustus, by Sun International se Sun Arena in Times Square, Pretoria, en sal regstreeks op M-Net en Mzansi Magic uitgesaai word.

Byna R3 miljoen se prysgeld en borgskappe is op die spel, en die wenner sal met R1 miljoen kontant sowel as ’n kar, die jaar lange gebruik van ’n luukse woonstel en nog wonderlike pryse wegstap. Die eerste prinses sal R250 000 kontant ontvang en elke dame in die top-16 kry R25 000.

Maar voor die volgende Mej. SA aangewys kan word, moet vanjaar se rekordgetal deelnemers uitgedun word na 35 met die top-16 wat op 11 Julie aangewys word.

Die top-35 kom van oor die land. Gauteng het 19 deelnemers in die kompetisie (nege kom van Pretoria), gevolg deur die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal met vyf elk; die Oos-Kaap en Vrystaat met twee elke terwyl Limpopo en Noord-Kaap elk een deelnemer het.

Hierdie jong dames sal nou probeer om die beoordelaars van die semifinalisronde te beïndruk.

Die beoordelaars is aktrise en motiveringspreker Leandie du Randt; die aanbieder en 2015 Mej. Suid-Afrika, Liesl Laurie; die voormalige model en rolverdelingsregisseur Andiswa Manxiwa; Mej. Suid-Afrika 2010, Bokang Montjane-Tshabalala, en die redakteur van Women’s Health, Danielle Weakley.

Die top-35 in alfabetiese volgorde

Anarzade Omar (20)

Anarzade, van Crown Gardens in Johannesburg, ’n B.A.-student in haar derdejaar aan die Universiteit van Johannesburg. Sy studeer strategiese kommunikasie.


Anita Jansen (22)

Anita, van Midrand, wat bemarking deur Unisa studeer en ’n joga-instrukteur en model is.


Anzelle von Staden (26)

Anzelle, van Centurion in Pretoria. Sy het ’n B.Com-graad aan Tukkies behaal en werk vir ’n NRO.


Beulah Baduza (23)

Beulah, van Hatfield in Pretoria, wat ’n B.A.-graad in die regte het en tans vir haar L.L.B. studeer.


Catherine Groenewald (21)

Catherine, van Constantia in Kaapstad, ’n B.A.-eerstejaarstudent in visuele kommunikasie en model.


Celest Steyn (24)

Celest Steyn, van Mooikloof in Pretoria. Sy het ’n graad in visuele kommunikasie behaal en is die eienaar van ’n model- en fotografie-onderneming.


Chuma Matsaluka (21)

Chuma, van Nyanga in die Wes-Kaap, wat tans ’n B.A.-student in haar derdejaar aan die Universiteit van Kaapstad is. Haar hoofvakke is antropologie, bedryfsielkunde en politieke studie.

View this post on Instagram

A Saturday well spent ?? #beachisbetter

A post shared by Chuma Chule Uphokuhle (@choo_matsaluka) on


Danielle Wallace (26)

Danielle, van Umhlanga in Durban. Danielle het vandeesmaand na Kaapstad verhuis. Sy het ’n B.A.-graad in sosiale wetenskappe en is voltyds ’n model.


Eloïse van der Westhuizen (24)

Eloïse, van Panorama in Kaapstad. Eloise het ’n honneursgraad in logistiek en werk tans as ’n voorraadbeplanner.


Errin Brits (22)

Errin, van Randpark Ridge. Sy het ’n B.A.-graad in die regte (Cum Laude) en is in die eerstejaar van haar L.L.B.-graad.


Fanelesibonge Mbuyazi (22)

Fanelesibonge, van KwaMsane naby Mtubatuba in KwaZulu-Natal, wat tans rekenaarwetenskap en statistiek aan die Universiteit van Kaapstad studeer.


Gabrielle Lochoff (21)

Gabrielle, van Mooikloof in Pretoria, ’n onderwysstudent in haar eerstejaar aan Unisa.


Hesrie van Heerden (23)

Hesrie, van Bellville. Hesrie het ’n B.Sc.-graad in voedselwetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch en werk tans as ’n voedselwetenskaplike.


Kay Leigh Sussman (22)

Kay Leigh, van Melrose in Johannesburg, wat vir ’n mediesevoorraadvoorsieningsmaatskappy werk.

View this post on Instagram

Just smile ?? @williebotesphoto

A post shared by Kay-Leigh Sussman (@kaysussman) on


Keabetswe Kanyane (25)

Keabetswe, van Montana in Pretoria, wat as ’n projek-koördineerder werk. Sy het ’n B.Com-graad in voorsieningskettingbestuur en is tans besig met haar honneursgraad in logistieke bestuur aan die Universiteit van Johannesburg.


Kgothatso Dithebe (24)

Kgothatso, van Centurion, ’n tweedejaar-regsstudent aan Unisa.


Kim Snoyman (26)

Kim, van Bryanston in Sandton, ’n B.Com- ekonomiestudent in haar finalejaar aan die Varsity College.

View this post on Instagram

The only journey is the one within. ??

A post shared by Kim Snoyman (@kim_snoyman) on


Lara Steenkamkp (20)

Lara, van Louisvale naby Upington in die Noord-Kaap, ’n B.Com-student in haar derdejaar aan die Noord-Wes-universiteit.

View this post on Instagram

California dreams

A post shared by Lara Louise Steenkamp (@lara_steenkamp) on


Lisa Stoffela (26)

Lisa, wat van Margate in KwaZulu-Natal kom, maar tans in Johannesburg woon. Lisa is die eienaar van ’n klein wegneempizza-onderneming, ’n deeltydse model en beskik oor ’n B.Com-graad in finansiële bestuur.


Loren Leigh Jenneker (24)

Loren Leigh, van Centurion, wat vir ’n B.Com-graad in finansies aan die Universiteit van Johannesburg studeer.

View this post on Instagram

Love me long time ??????

A post shared by LJ (@lorenjenneker) on


Martinique Ferreira (23)

Martinique, van Bloemfontein in die Vrystaat. Martinique woon tans op Stellenbosch en is besig met ’n digitale platform-internskap.


Mbali Dlamini (22)

Mbali, oorspronklik van Newcastle in KwaZulu-Natal en woon tans in Fourways. Mbali is besig met haar honneursgraad in strategiese handelsnaamkommunikasie by Vega.

View this post on Instagram

??

A post shared by Mbali Dlamini (@m.b.a.l.i) on


Nkosazana Sibobosi (23)

Nkosazana, van Khayelitsha Kaapstad. Sy is ’n film- en mediastudent aan die Universiteit van Kaapstad sowel as ’n model.


Noluthando Bennett (24)

Noluthando, van Kagiso in Krugersdorp, ’n klankingenieur met ’n nagraadse diploma in multimedia en webontwerp.

View this post on Instagram

??Magical Since Birth?? ??: @koketsotube

A post shared by SlumFlower (@thando_bennett) on


Nompumelelo Maduna (24)

Nompumelelo, van Rockville in Soweto. Nompumelelo het ’n B.Tech-graad in bemarkingsbestuur aan die Universiteit van Johannesburg behaal en werk tans by ’n vooraanstaande finansiële instelling.


Roelien Claasen (23)

Roelien, van Florauna in Pretoria, wat B.Com-sakebestuur aan Unisa studeer en ook as nasorg-onderwyser werk.



Sasha-Lee Olivier (26)

Sasha-Lee, van Alberton. Sy studeer tans vir ’n graad in bemarking en sielkunde aan Wits en werk ook as ’n model. ?


Shaskia John (21)

Shaskia, van Laudium in Pretoria. Sy het natuurbewaring aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie studeer en is tans in die eerstejaar van haar nagraadse kwalifikasie in natuurbewaring.

View this post on Instagram

Define yourself.

A post shared by Shaskia (@shaskiajohn) on



Sibabalwe Gcilitshana (24)

Sibabalwe, van Nqamakwe in die Oos-Kaap. Sy woon tans op Bellville. Sibabalwe het ’n honneursgraad in geregtigheid en transformasie aan die Universiteit van Kaapstad behaal en werk tans as ’n parlementêre offisier en navorser vir gelyke opvoeding.


Sisa Mdoda (25)

Sisa, van Sasolburg in die Vrystaat. Sisa beskik oor ’n B.Tech-kwalifikasie in toerismebestuur aan die Vaal Universiteit van Tegnologie.

View this post on Instagram

The grass is greener on the watered side ??

A post shared by Sisamkele S. Mdoda (@sisamdoda) on


Tené Minderon

Tené, van Brakpan, ’n voltydse model.


Tumelo Ntsewa (22)

Tumelo, van Polokwane in Limpopo, wat tans ’n tweedejaarstudent in die regte by Wits is.


Xia Narain (23)

Xia, van Chatsworth in Durban, wat ’n graad in algemene en bedryfsielkunde van die Universiteit van KwaZulu-Natal het. Sy gaan volgende jaar haar honneursgraad in kliniese sielkunde voltooi.


Zanele Phakathi (20)

Zanele, van Soweto, ’n eerstejaarstudent in besigheidsinformasie-tegnologie aan die Universiteit van Johannesburg en ’n model by Boss Models.


Zozibini Tunzi (25)

Zozibini, van Tsolo in Oos-Kaap, wat ’n diploma in openbare betrekkingsbestuur het van die Kaapse Skiereiland-universiteit van Tegnologie en tans besig met ’n B.Tech in openbare betrekkings aan dieselfde instansie.