Vermaak op die kassie

Lauren (27) speel die geesdriftige fiksheidsinstrukteur Zoë October in Suidooster.

Sy sê dit was nog altyd haar droom om in ’n televisiereeks te speel. "Ek dink ek is besig om my grootste droom te leef," vertel sy trots.

TALENTVOL

Sy hou nie net haar lyf aktrise nie; dié boorling van Kuilsrivier in die Kaap het ook al haar eie produksie, Hours to Keep, geskryf en selfs die regie daarvan gedoen.

Sy skryf ook haar eie gedigte wat sy op haar blog, Unblocked26, publiseer.

GROOT ROLMODELLE

Sy beskou die akteur Tyler Perry as haar rolmodel. "Hy is ’n uitstekende akteur en sakeman."

Lauren voel ook geëerd om saam met akteurs soos Denise Newman en Abduraghmaan Adams te werk. "Ek het aan die begin my cool gehou, al het ek in my binneste gebrand van opgewondenheid."

TROTSE FAMILIE

Wanneer Lauren en haar suster, Melissa (nou 29), stout was, moes hulle as “straf” met toneelspel, ’n gedig of sangstuk vorendag kom.

Lauren was so mal oor drama dat haar ouers, Loretta (53) en David (57), haar vir ekstra dramaklasse by die Helen O’Grady-dramaskool ingeskryf het.

Interessante feite

  • Ek het ’n passie vir menseregte.
  • Ek het ’n liefde vir die natuur en diere.
  • Ek is lief vir fotografie.
  • Ek is ’n derdejaarstudent in sakestudie.