DIE 10-JARIGE ROCK: ADRIAN GROULX

Adrian is 11 jaar oud en van Kanada. Hy speel die jong Dwayne (48) in sy grootwordjare in Honolulu, Hawaii. Dis die jong akteur se eerste groot rol.

Die jong akteur, Adrian Groulx. Foto: Instagram (@
Die jong akteur, Adrian Groulx. Foto: Instagram (@adriangroulx)

Adrian is ’n groot aanhanger van Dwayne en hy was mal oor die akteur se Jumanji-flieks.

“Dis so snaaks,” sê hy.

FLITSFEIT

Adrian hou van adrenalien. Hy boks, rotsklim en speel yshokkie.

View this post on Instagram

A post shared by Young Rock (@nbcyoungrock)

Adrian moes sy hare in ’n klein afro laat groei om hom vir sy rol voor te berei.

Toe Dwayne nog die WWE-rofstoeier The Rock was, het hy altyd ’n oulike truuk gehad waar hy sy wenkbroue op en af beweeg.

“Ek het my bes gedoen en kan dit steeds nie doen nie,” erken Adrian.

DIE TIENER ROCK: BRADLEY CONSTANT

Bradley Constant. Foto: M-NET
Bradley Constant. Foto: M-NET

Bradley is 22, maar speel Dwayne toe hy 15 was. Bradley het in Alabama in Amerika grootgeword en het op 12 begin toneelspeel.

Hy wou so graag ’n akteur word dat hy sy ma, Julie, oortuig het om hom New York toe te stuur sodat hy daar kon studeer en werk. Hy woon deesdae in Los Angeles.

VYF FLINK FEITE

Hy is die jongste van drie broers.

Nes Dwayne hou hy van fiks bly. Bradley sê dit laat hom beter voel en druk hom om beter te doen in sy lewe en loopbaan. Bradley het ’n dag voor sy oudisie vir Young Rock ’n marathon gehardloop om hom te help om in die “zone” te kom as The Rock.

Toe hy vir die oudisie gegaan het, het hy nie ’n snor soos Dwayne op hoërskool gehad nie. Toe gom hulle sommer ’n snor aan sy bolip vas. “Ek moes ’n paar keer stop sodat hulle dit weer kon vasgom,” sê hy. Hy spog nou met sy eie snor.

Hy het op vier saam met sy pa WWE op TV begin kyk en het ’n “obsessie” met The Rock gehad. “Hy is net die coolste dude op TV.”

Bradley is mal oor Star Wars.

DIE 18-JARIGE ROCK: ULI LATUKEFU

Kan jy glo Uli is 37 jaar oud en speel die 18-jarige weergawe van Dwayne? Uli is ’n Australiese akteur en sanger.

Uli Latukefu. Foto: Instagram/@nbcyoungrock
Uli Latukefu. Foto: Instagram/@nbcyoungrock

Sy gunstelingfliek van Dwayne is die komedie Tooth Fairy.

’n Dag nadat hy die rol gekry het, het hy begin oefen om soos die 18-jarige Dwayne te lyk.

ROTSFEIT

Uli sê hy moes baie hoender en rys eet om spiere soos Dwayne te bou.

Dwayne in syfers

Dié syfers wys hoekom Hollywood se vervaardigers besef het dis ’n goeie idee om ’n hele TV-reeks oor Dwayne se lewe te maak!

R1,3 miljard — Hy het soveel in 2020 laat inrol vir sy flieks.

R290 miljoen+ — Die bedrag wat hy per fliek betaal word.

222 miljoen followers op Instagram.

58 miljoen followers op Facebook.

15,1 miljoen followers op Twitter.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe