In Diaan se vorige program, My droom-trourok, wat agt seisoene lank op VIA uitgesaai is, het hy bruide na hul volmaakte trourok help soek.

Die bruid-boetiek word verfilm in my bruidswinkel in Johannesburg, waar ons met regte kliënte praat oor hul groot dag, of daardie dag ’n troue, matriekafskeid of ander spesiale geleentheid is,” vertel Diaan.

Diaan en sy span, Chantel-­Lee Kortjie (links) en
Diaan en sy span, Chantel-­Lee Kortjie (links) en Funeka Ngubane (regs), saam met die aktrise en omroeper Elana Afrika-­Bredenkamp. Foto: Verskaf

“Dis ’n groot verantwoordelikheid om mense se drome in jou hande te hê, veral as dit ’n bruid is wat al vandat sy klein is van haar groot dag droom. Vir my gaan mode nie net oor ’n naald en garing nie; dit gaan ook oor die persoon vir wie ek ontwerp.

“Wat so spesiaal is, is dat ons die land kan wys ons is nie net ’n bruidswinkel nie. Kykers gaan ander aspekte van die modewêreld ook sien. Ons het byvoorbeeld 'n evening en ready-to-wear bridal-reeks van internationale ontwerpers wat ons verskaf, asook my eie custom bridal-rokke. Ons cater vir die manne ook.

Elana in een van Diaan se skeppings. Foto: Verskaf
Elana in een van Diaan se skeppings. Foto: Verskaf
Die akteur Zak Hendrikz in een van Diaan se snyers
Die akteur Zak Hendrikz in een van Diaan se snyerspakke. Foto: Verskaf

“Om iemand se persoonlikheid in ’n ontwerpersrok vas te vang is ’n kuns.”

Diaan sê wat sy program so gewild maak, is is die uniekheid daaragter.

“Ek dink nie daar is tans ’n plaaslike Afrikaanse bruidsprogram wat in hierdie formaat iets vir elkeen bied nie, net oorsese shows.”

Diaan voor die kameras. Foto: Verskaf
Diaan voor die kameras. Foto: Verskaf

“Daar is soveel mites daar buite oor ontwerpers, en hierdie program beantwoord elke bruid en kliënt se vraag oor hoe hulle te werk moet gaan en wat die experience is wanneer ek na ’n droomrok soek. Dit gee hulle ’n aanduiding van die kostes vir ’n trourok," vertel hy.

Al help hy nou ander gereedmaak vir hul droomdag, het sy eie sprokie nie ’n gelukkige einde gehad nie. Diaan het onlangs bevestig hy en sy man, Shaun Brian Murphy, is al meer as ’n jaar uitmekaar en skei tans.

WEN EEN VAN DIAAN DANIELS SE TROUROKKE VIR JOU SPESIALE DAG!

Besoek Diaan Daniels Couture se aanlyn winkel (diaandaniels.com/shop) en kyk watter trourok in sy Victoriamo-reeks jy wil wen – tot en met die waarde van R22 000. Stuur voor of op 6 Julie 2020 ’n e-pos met die onderwerp “Die bruid-boetiek” na info@viatv.co.za. Gee die naam van die rok asook besonderhede oor jou troue.

Besoek Diaan Daniels Couture se aanlyn winkel (d
Besoek Diaan Daniels Couture se aanlyn winkel (diaandaniels.com/shop) en kyk watter trourok in sy Victoriamo-reeks, tot en met die waarde van R22 000, jy wil wen. Foto: Verskaf
Besoek Diaan Daniels Couture se aanlyn winkel (d
Besoek Diaan Daniels Couture se aanlyn winkel (diaandaniels.com/shop) en kyk watter trourok in sy Victoriamo-reeks, tot en met die waarde van R22 000, jy wil wen. Foto: Verskaf

  •  Die wenner kan op enige plek in die land woon, want dit is ’n aanlyn winkel wat landwyd aflewer. Die prys kan nie omgeruil word vir kontant of enige ander produk nie. Die wenner moet kennis neem dat dit 3 tot 4 maande neem om die rok te bestel.
  • Die wenner is verantwoordelik vir hul eie verstellings aan die rok of kan op hul eie onkoste na Diaan Daniels se winkel in Johannesburg reis.
  • Die koste vir verstellings is nie ingesluit by die prys nie.  Die wenner moet ’n bruid wees wat reeds verloof is en in 2020 of 2021 trou.
  • Die prys is slegs geldig vir 4 maande nadat die kompetisie geëindig het. Die wenner sal op VIA se Facebookblad aangekondig word.