FLIEKS

PIXELS

E.TV
KOMEDIE
SATERDAG 1 SEPTEMBER 19:30 & SONDAG 2 SEPTEMBER 13:00
2015. 105 MIN. O13

Buiteaardse wesens kyk video’s van ou TV-speletjies. Hulle dink die mensdom wil oorlog teen hulle maak en val die aarde aan. Die president moet sy ou skoolmaats, wat speletjieghoeroes is, inroep om die wêreld te red.

Met Josh Gad en Adam Sandler.


SY KLINK SOOS LENTE

KYKNET
Romantiese komedie
SATERDAG 1 SEPTEMBER 20:00
2016. 89 MIN. OT

Dié plaaslike fliek gaan oor ’n werktuigkundige wat by ’n motorhandelaar in Johannesburg werk en verlief raak op ’n meisie. Daar is net een haakplek: Hy vind uit haar pa is sy baas. Hy gee voor hy is lid van ’n musiekgroep om in haar goeie boekies te kom.

Met Amalia Uys en Stiaan Smith.


THE LAST MAN

M-NET
Riller
SATERDAG 1 SEPTEMBER 21:00
2018. 90 MIN. 16

’n Oorlogsveteraan wat aan posttraumatiese stres ly, is oortuig die einde van die wêreld is naby.

Hy smee ’n band met ’n valse messias, laat sy normale lewe agter en begin ’n ondergrondse bomskuiling bou. Die mense om hom wonder of hy besig is om sy kop te verloor.

Met Hayden Christensen en Harvey Keitel.


JOHN CARTER

SABC3
Wetenskapsfiksie.
SATERDAG 1 SEPTEMBER 21:30
2012. 132 MIN. O13

Die lewe van ’n veteraan van die Amerikaanse burgeroorlog word omvergegooi toe hy op Mars wakker skrik.

Hy word in die konflik tussen die inwoners van die Rooi Planeet gedompel en moet noodgedwonge vir sy vryheid veg. Almal se lot is boonop in sy hande.

Met Taylor Kitsch en Lynn Collins.


THE EQUALIZER

E.TV
Aksie
SONDAG 2 SEPTEMBER 20:00
2014. 132 MIN. 16GT

’n Man glo hy het sy geheimsinnige verlede agtergelaat. Maar dit alles verander toe hy ’n tienermeisie raakloop wat deur gewelddadige Russiese bendelede gemanipuleer word.

Hy besluit om sy geheime vaardighede in te span en haar te help.

Met Denzel Washington, Chloë Grace Moretz en Bill Pullman.


MURDER ON THE ORIENT EXPRESS

M-NET
Misdaad
SONDAG 2 SEPTEMBER 20:05
2017. 114 MIN. O13

Dié fliek is gegrond op Agatha Christie se trefferboek.

Dit vertel die verhaal van 13 vreemdelinge wat op ’n trein gestrand is. Almal is ’n verdagte nadat ’n moord op die trein gepleeg is. ’n Speurder moet die saak oplos voor die moordenaar weer toeslaan.

Met Johnny Depp en Penélope Cruz.

TERUG OP DIE KASSIE

BLUE PLANET

SABC3
SONDAE 18:30

Die tweede seisoen van die bekende Britse natuurkundige sir David Attenborough se natuurreeks begin op Sondag 26 Augustus op SABC3.

Die span bekyk weer die boeiende wonders van die natuur en het onder meer aan die Suid-Afrikaanse Wildekus kom ondersoek instel na bottelneusdolfyne se branderry-patrone.




MOEGGEPLOEG

SABC2
BEGIN MAANDAG 27 AUGUSTUS 19:00

Dié sitkom is in 2013 op kykNET uitgesaai, maar is nou op gratis televisie te sien.

Dit gaan oor Vlok en Vlerkies Vorster, die eienaars van Moeggeploeg, ’n gewilde uithangplek buite Ottoshoop in Noordwes.

Bekendes soos Hanna Grobler, Rina Nienaber, Leandie du Randt Bosch en Marcel van Heerden is in die reeks te sien.