Liesa, ’n veldgids, was onder die drie vroue saam met wie Neels na die Rooisand-natuurreservaat naby Kleinmond in die Wes-Kaap gegaan het om tyd saam met hulle deur te bring. 

Hoewel sy aanvanklik gedink het sy en die Fynskrif-akteur het ’n konneksie, het hy haar as ’n vriendin gesien en nie ’n pasmaat nie. 

“Dit was nie ’n eenvoudige besluit nie, dit was iets wat my regtig raak. Ek dink jou toekoms is rooskleurig. Ek dink die Man van Bo sal jou goedgesind wees. Ek sal jou dophou,” was Neels se woorde aan haar. 

Liesa was uit die veld geslaan dat sy moes huis toe gaan en die trane het dadelik geloop. 

neels van jaarsveld
Neels van Jaarsveld. Foto: kykNET

“Ek is obviously sad, ek is 'n bietjie teleurgesteld in hom. Ek voel ons het vandag ge-connect. Ek dink hy het ’n fout gemaak, want ek voel ons kon ’n pad gestap het,” het sy gesê. 

Op my eish! het haar geleer dat sy eintlik baie meer spesiaal is as wat sy ooit besef het, vertel Liesa aan Huisgenoot.

“Dit is nie uit ’n romantiese aspek of enigiets nie, dit is bloot die girls het my almal regtig soveel van my potensiaal, talent en my innerlike en uiterlike skoonheid laat sien,” sê Liesa. 

Al het sy nog nie liefde gevind nie is sy steeds oop daarvoor. “Ek is nie op soek daarna nie, maar ek is beslis oop daarvoor.” 

Liesa. Foto: Verskaf

DIE RUSIE

Die nuus van Liesa se vertrek was ’n groot skok vir almal en ’n bekgeveg het tussen Janka, Tanya, Laurika en Abigail ontstaan. 

Volgens Janka, wat baie geheg geraak het aan Liesa, “het sy dit nie verdien nie”. 

Laurika het dit duidelik gemaak sy dink nie enigiemand verdien dit nie. Dis toe die rusie ontstaan het. Tanya het ook ingespring. “Ek voel hy het haar nog nie eens regtig leer ken nie,” sê Tanya.  

Abigail en Laurika het volgehou Neels het nog niemand regtig leer ken nie. “Hoekom maak jy die stelling dat sy dit nie verdien nie?,” wou Laurika weet. 

Volgens Tanya, wat toevallig Liesa se kamermaat was, het Laurika dit wat Janka gesê het verkeerd verstaan. “Jy moet ook onthou jy is nie nou in die hof nie,” het Tanya vir Laurika gesê, wat ’n prokureur is. 

Sy sê ook Abigail het gesê sy is in die program vir meer Instagramvolgelinge. “Dan sal ek eerder vir Abigail huis toe gestuur het,” het Tanya gesê. Sy was glad nie beïndruk met wat sy glo gesê het nie. 

Weet Liesa van die rusie? “Ja, ek is baie close met Janka en Tanya. Ek het met almal oor die weg gekom, maar jy kliek mos maar beter met sekere mense,” sê Liesa. 

“Die feit dat hulle vir my opgestaan het, was vir my absolutely amazing, want ek sou seker dieselfde vir hulle gedoen het.”

Sy weet nie hoe sy oor die rusie voel nie, sê Liesa. “Hulle het vir my vertel wat gebeur het, maar tot jy dit sien sal 'n mens nie weet hoe jy daaroor voel nie,” vertel sy laggend.  

  • Op my eish! is Donderdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144)
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op FacebookTwitterInstagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe