Dis niemand anders nie as sy miniatuurworshond, Lulu. Lulu, oftewel @hondelulu soos sy op Instagram bekend staan, het meer as ’n jaar gelede die akteur se hart gesteel. 

Die miniatuurworshond is in Maart verlede jaar gebore en spog met een helderblou en een bruin oog. 

Die akteur Neels van Jaarsveld
Die akteur Neels van Jaarsveld. Foto: Misha Jordaan

Hierdie episode is ook propvol aktiwiteite van visvang tot ’n 4x4-avontuur. Dis vir die aanbieder, Henré Pretorius, die perfekte geleentheid om by van die vroue uit te vind hoe dit met hul reis tot liefde gaan.  

Nadine, Efraine en Tanya word eindelik gekies om vir ontbyt saam met Neels te gaan. Die vroue was verlig toe die akteur aankondig “niemand gaan vandag huis toe nie.” 

Neels en sy miniatuur worshond Lulu
Neels en sy miniatuurworshond, Lulu. Foto: Misha Jordaan

Die drie vroue was ietwat senuagtig toe Neels aankondig hy wil ’n nuwe vrou aan hulle bekendstel, want dit sou beteken daar is nóg ’n vrou teen wie hulle moet meeding om Neels se hart te wen. 

“Dis Lulu, sy is my dogter en sy gaan deel wees van hierdie partytjie,” sê Neels toe hy sy hond bekendstel. Die vroue was verlig en kon skaars wag om tyd saam met Neels se worshond deur te bring.  

Neels en die vroue wat om sy hart meeding
Neels en die vroue wat om sy hart meeding. Foto: kykNET

Neels het al voorheen aan Huisgenoot vertel Lulu se naam beteken “uitstaande voorbeeld van ’n spesifieke soort mens of ding”. 

“Honde is onvoorwaardelik lief vir jou. Hulle gee regtig om, maak nie saak wie jy is of hoe jy voel nie. Ek dink honde maak mense beter,” het hy al oor sy hond gesê. 

nadine
Nadine. Foto: kykNET

Nadine, ’n joernalis van Muizenberg in Kaapstad, was die gelukkige een wat alleentyd saam met Neels kon deurbring en dit lyk asof die vonke behoorlik tussen die twee spat. 

“Ek sou nou nie die woord verlief gebruik nie, maar ek het kwaai sterre in my oë en voel soos die gelukkigste meisie ter wêreld,” sê sy.  

  • Op my eish! is Donderdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).  
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op FacebookTwitterInstagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe