Neels het in die jongste episode met elkeen van die oorblywende vier vroue op 'n alleenafspraak gegaan. 

Janka (28) van Kaapstad was verheug toe dit eindelik haar en die Fynskrif-akteur se eerste alleenafspraak is en sy nie meer hoef te baklei vir sy aandag nie. 

“Ek kon sien daar is baie diepte aan Janka. Agter die giggel is daar ’n baie interessante en komplekse persoon,” sê Neels op die program. 

Janka was hartseer om te groet, want sy voel Neels
Janka was hartseer om te groet, want sy voel Neels ken haar nie regtig nie. Foto: kykNET

Janka erken dalk was haar konstante gegiggel op 'n manier 'n verdedigingsmeganisme.

“Wat moet mens doen as jy ongemaklik is?” vra sy vir Neels tydens hul afspraak. 

Daar was egter geen sprake van 'n soen tussen dié twee nie en later het die akteur iets op die hart wat hy graag met Janka wil deel en hy neem haar eenkant toe. 

Ongelukkig het Neels nie genoeg tyd spandeer met Janka om haar beter te leer ken nie en al is dit 'n baie moeilike besluit wat hy moes neem, stuur hy haar huis toe. 

Janka en Neels
Janka en Neels agter die skerms. Foto: kykNET

“Ek het baie aandag spandeer oor die toekoms, hoe dit gaan uitspeel en wat gaan die toekoms vir my wees saam met die persoon. Omdat ek fyner moes kyk het ek 'n gevolgtrekking bereik dat ons dalk nie genoeg tyd saam spandeer het nie en dalk was die konneksie te laat,” sê Neels aan Janka. 

Janka, wat ’n gunsteling onder kykers was, het ná afloop van haar gesprek met Neels gesê sy respekteer sy besluit. 

“Hy het nie genoeg tyd gehad om my te leer ken nie. Ek dink ons alleenafspraak was die eerste keer wat hy regtig my leer ken het en dit was great, maar dit was nie genoeg nie,” sê sy tydens die program. 

Melani, Janka en Nadine tydens een van die groepsa
Melani, Janka en Nadine tydens een van die groepsaktiwiteite. Foto: kykNET

Volgens Janka was sy hartseer om te groet, want sy het gevoel Neels ken haar nie regtig nie.

“Dit was die een keer wat ek nie bang was hy gaan my huis toe stuur nie. Ná ons eindelike date het ek meer gerus gevoel,” vertel sy nou aan Huisgenoot. 

En ja, sy het wel vir Neels geval. “Ek het sy intelligensie, skerpsinnigheid en sin vir humor verskriklik waardeer en geniet,” sê sy. 

Al kan sy nou amper 'n boek skryf oor wat sy van haarself geleer het tydens die program, is die waardevolste les dat sy goed genoeg is.

“Ek het nog altyd 'n relatiewe lae selfbeeld gehad, en vir die eerste keer in my lewe was ek heeltyd omring met mense wat my 100% aanvaar en geniet het vir wie ek is,” sê sy. 

“Ek het ook geleer ek kan nie alles beheer nie, al wil ek hoe graag; dinge gebeur soos dit moet en alles gebeur met 'n doel,” voeg sy by. 

Dit was vir Neels moeilik om vir Janka te groet
Dit was vir Neels moeilik om vir Janka te groet. Foto: kykNET

Janka verklap sy is steeds enkellopend. “Ek is nog steeds op my eish! Ek het besef ek moet eers leer om myself lief te hê. Ek wag geduldig vir die regte een en ek is opgewonde om weer verlief te raak,” sê sy. 

In die laaste episode ontmoet kykers Florinda, Nadine en Tanya se ma's, sowel as Neels se ma, Lydia van Jaarsveld.

Meer oor die top 3: Vir wie gaan Neels kies?

Florinda (skoonheidsterapeut)

Tanya (besigheidseienaar)

Nadine (joernalis)

Nadine Theron. Foto: kykNET
Nadine Theron. Foto: kykNET

Hoekom het jy ja gesê?

Toe kykNET my bel, het ek baie gevlei gevoel! Ek het nie gedink ek staan 'n kans nie, maar was opgewonde vir die avontuur.

Wat soek jy in 'n man?

Empatie en liefde vir mense, diere, die natuurlike wêreld. Betroubaarheid, avontuurlus, lojaliteit en passie.

Op my eish! is Donderdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op FacebookTwitterInstagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe.