Wie sal ooit vergeet hoe lief die Ou Krokodil vir ’n skinderstorie was en dit omtrent kon aandik?

Chris vertel sy karakter het die afgelope paar jaar soveel verander dat Hillsiders hom skaars sal herken. “Hy bly egter passievol, en alles wat hy doen, is gemotiveerd.”

Oom Francois, oftewel die Ou Krokodil, soos kykers hom destyds leer ken het. Hier is hy saam met Charmaine (Vinette Ebrahim). Foto: Nardus Nel.

Chris sê dit was “fantasties” om ’n maand lank weer in 7de Laan te kuier.

Dit was verfrissend met soveel nuwe gesigte wat aangesluit het en die nuwe rooster waarvolgens die sepie deesdae geskiet word.

Dit was veral lekker om weer ou bekendes soos Vinette Ebrahim (Charmaine), Ingrid Paulus (Vanessa) en Annelize van der Ryst-Hattingh (Matrone) te sien.

As Hans in Fynskrif. Foto: Verskaf.

Chris woon reeds die afgelope paar jaar ver weg van die stadsgedruis op die ouwêreldse dorpie Rosendal in die Oos-Vrystaat.

Hier besit hy die Rosendalteater en ’n koffierestaurant. Maar hy bly steeds bedrywig voor die TV-kameras.

Hy was onlangs as die selfsugtige Hans in die kykNET-regsdrama Fynskrif te sien, en ook as die oopkop oupa Stevie in die SABC2-reeks Onder die Suiderkruis.