“As gevolg van Esti se verlede het sy nooit verwag iemand gaan ooit okay wees daarmee en haar ten volle aanvaar nie,” sê Reandi oor haar karakter.

Marko Greyling (Francois Lensley) was immers die eerste man wat haar liefgehad het, maar toe dinge nie uitwerk nie, het sy aanvaar dat dit altyd net sy en haar seun, Thomas (Vian Singleton), gaan wees. 

die bruidegom rickus
Die bruidegom. Foto: 7de Laan

“Rickus se proposal was naas Thomas se geboorte die beste oomblik van haar lewe. Sy en Rickus is deur baie, maar dit alles het aan haar bevestig dat dit die man is by wie sy vir die res van haar lewe moet wees,” sê Reandi. 

Die akteur André Lötter sê sy karakter, Rickus,het baie doelwitte vir homself gestel, maar toe hy Esti ontmoet, het hy besef dis die vrou vir hom.

mariaan en haar seun rickus
Mariaan en haar seun, Rickus. Foto: 7de Laan

Daarom het hy haar sommer twee keer gevra om te trou. “Rickus besluit juis om so gou moontlik te trou, want hy wil ’n lewe saam met haar bou,” sê André. 

Behalwe dat Esti en haar aanstaande skoonma, Mariaan Welman (Deirdre Wolhuter), nog nooit langs dieselfde vuur gesit het nie, is daar ook baie drama in die aanloop tot hul troudag. 

Esti het slapelose nagte sedert sy uitgevind het haar seun het ’n verhouding met sy juffrou aangeknoop. 

rickus,esti en thomas
Rickus, Esti en Thomas. Foto: 7de Laan

Hy en sy ma het ’n groot uitval en al wou Thomas aanvanklik nie die troue bywoon nie, besluit hy tog om te gaan, want hy wil sy ma gelukkig sien. 

“Thomas was kwaad vir Esti, want hy wil die onderwyseres, Bianca, ondersteun, terwyl Esti aan die anderkant so ver gegaan het om Bianca aan te raai om ’n aborsie te kry,” sê Vian. 

mariaan het haar seun se troue gereel
Mariaan het haar seun se troue gereël. Foto: 7de Laan

DIE GROOT DAG

Dit het drie maande gevat om Esti en Rickus se klein, intieme troue by Beleef te beplan. Dis ook die heel eerste troue wat onder die nuwe streng covid-19-maatreëls verfilm is. 

“Omdat dit ’n kitstroue is, wou ek graag ’n Las Vegas-tema daarvoor doen,” vertel Bennie Marais, die hoof van die sepie se kunsafdeling. 

esti en rickus se troue
Connie en Fikani was onder die gaste. Foto: 7de Laan
vince en aggie by die troue
Vince en Aggie was ook by die troue. Foto: 7de Laan

“Die feit dat Mariaan dit gereël het, het my forseer om klassiek te gaan. Ek het besluit om dit op ’n kreatiewe manier te meng. Baie blomme en goud vir Mariaan se deel, en neonligte vir die Las Vegas-deel.”

Volgens Reandi het sy baie elegant en stylvol gevoel in die wit satyn trourok.

Die troukoek. Foto: 7de Laan
esti en rickus se troue in 7de laan
Foto: 7de Laan

7de Laan het werklik van die beste ontwerpers en kleremakers. Die rok was asemrowend en perfek om haar nuwe lewensreis mee te begin,” sê die aktrise. 

esti en rickus is pasgetroud
Die pasgetroudes. Foto: 7de Laan

Die sangeres Demi Lee Moore tree ook by die paartjie se troudag op. 

die sangeres demi lee moore
Die sangeres Demi Lee Moore het by die troue opgetree. Foto: 7de Laan

“Ek was nog altyd ’n aanhanger van Demi Lee en dis die eerste keer dat ek haar ontmoet het. Sy is ’n fantastiese kunstenaar,” sê André.