Kykers het verlede week angstig toegekyk hoe die geliefde swanger Elani (Greteli Fincham) en Johan (Brent Vermeulen) se matriekafskeid rampspoedig eindig. Die ander leerders se gespot het Elani ’n skynswangerskap laat beleef en haar pragtige aand is melancholies kortgeknip.

Maar nou het die twee jong spelers ’n geleentheid gekry om ’n heerlike aand saam te geniet nadat Brent vir Greteli tydens die verfilming van dié toneel na sy regte matriekafskeid gevra het.

Alles Malan
Greteli en Brent by sy matriekafskeid. Foto: Verskaf.
Alles Malan
Foto: Verskaf.

“Ons het van Desember tot Februarie verfilm en ek het heeltyd gedink om haar na my matriekafskeid te vra,” vertel Brent, ’n matrikulant aan Paarl Gimnasium, aan Huisgenoot vertel.

Toe hy in Februarie vanjaar in die draaiboek sien dat hulle binnekort matriekafskeidstonele gaan verfilm, het hy die geleentheid aangegryp om werklik iets spesiaal te doen.

Alles Malan
Foto: Verskaf.
Alles Malan
Foto: Verskaf.
Alles Malan
Foto: Verskaf.

“Ek het gedink dit sal ’n goeie idee wees om haar op die stel, tydens een van die laaste tonele, te vra,” verduidelik hy.

Greteli was uit die veld geslaan.

“Ek het glad nie geweet wat aangaan nie. Toe ek opkyk, toe staan Brent daar met ’n skildery; ek het gedog dis ’n rekwisiet wat hy in die toneel moes gebruik.”

As Elani kon sy nie dadelik dié romantiese oomblik begryp nie, maar dis toe dat sy besef dat Brent haar na sy matriekafskeid vra.

“Ek was baie geskok,” vertel Greteli, wat in Junie vanjaar ook haar eie matriekafskeid aan die Hoërskool Stellenbosch gehad het.

“Ek het dit aan die einde van al die tonele gedoen, so daar was ’n bietjie senuwees elke keer as 'aksie' geskree word of as die volgende toneel begin,” onthou hy. “Ek was senuagtig, want ek wou nie die mense se tyd mors en almal ophou nie.” 

Maar anders as die dramatiese tonele waarin hul karakters verstrengel was, het alles vir Brent en Greteli perfek uitgewerk en is die tweetjies is Vrydagaand saam na die Kronenberg-landgoed.

Alles Malan
Greteli en Brent in ’n toneel uit Alles Malan. Foto: Verskaf.
Alles Malan
Elani en Johan by die matriekafskeid. Foto: Verskaf.
Alles Malan
Greteli as Elani. Foto: Verskaf.

“Ek sien uit dat my vriende vir Greteli ontmoet,” het Brent voor die groot aand gesê. “En dit gaan lekker wees om die hele graad weer saam te sien, want ons was die afgelope tyd drukbesig om rekordeksamen te skryf.”

Greteli is net so opgewonde. “Ek sien baie uit om Brent weer te sien. Ek het hom lanklaas gesien en ons sukkel om mekaar te sien tussen die skoolverpligtings en eksamens deur,” vertel sy.

Alles Malan
Greteli en Brent nadat hy haar na sy matriekafskeid gevra het. Foto: Verskaf.
Alles Malan
Foto: Verskaf.
Alles Malan
Brent as Johan in Alles Malan. Foto: Verskaf.

En noudat die matriekafskeid ook iets van die verlede is?

“Ek het nog nie te veel aan die eindeksamen gedink nie, maar ná die matriekafskeid sal ek daarop fokus,” vertel Brent.

Greteli het aan ’n ander produksie verfilm tydens haar rekordeksamen en bieg sy sal nou hard moet werk tydens die eindeksamen, wat om die draai is.

“Ek stres, maar ek sien die lig aan die einde van die tonnel,” sê sy.

  • Alles Malan word elke Dinsdagaand om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.
  • Die finale episode word 1 Oktober uitgesaai.
Pronk in Huisgenoot!
Wil jy jou matriekafskeidfoto’s in Huisgenoot sien? 

As jy in 2019 in matriek is en vanjaar jou matriekafskeid het, stuur jou matriekafskeidfoto’s na matriekafskeid@huisgenoot.com.

Alle matrikulante van 2019 en hul ouers kan foto’s stuur. Ons wil ’n keur van die foto’s op die Local is Lekker-blaaie in die tydskrif plaas. 

Sluit die volgende inligting by jou e-pos in: jou naam en van, jou metgesel se naam en van, asook jou skool se naam. 

Deur foto’s in te stuur gee jy Huisgenoot toestemming om die foto’s in die tydskrif of op ons webtuiste te publiseer. 

SLUITINGSDATUM: 5 NOVEMBER 2019