Sarah Jessica Parker, Cynthia Nixon, Kristin Davis
Sarah Jessica Parker, Cynthia Nixon, Kristin Davis en Kim Cattrall het laas in 2010 saam op die skerm verskyn in die rolprent Sex and the City 2. Foto: Gallo Images/Getty Images

En natuurlik haal die vete tussen Kim en die ander drie ook weer die nuus. Ons kyk terug na al die kere wat hul onenigheid die nuusblaaie gehaal het sedert die reeks se debuut in 1998.

Tydlyn van treiter en trane . . .

Desember 2004

Terwyl gerugte oor ’n skeuring gereeld in die program se ses seisoene opduik, kom sake tot ’n spits met die program se einde in 2004 toe Kim haar ontevredenheid oor haar salaris uitspreek.

“Ek het gevoel ná ses jaar was dit tyd vir ons almal om deel te neem aan die finansiële meevaller van Sex and the City,” sê sy vir die Britse aanbieder Jonathan Ross. Sy voeg toe by sy het gevra om $1 miljoen (pleks van ’n berigte $350 000) per episode betaal te word as die program sou voortgaan.

“Toe hulle nie gretig daaroor lyk nie, het ek gedink dit was tyd om aan te beweeg.”

Kim Cattrall sal nie te sien wees in die nuwe seis
Kim Cattrall sal nie te sien wees in die nuwe seisoen van Sex and the City nie. Foto: Gallo Images/Getty Images

SJP is meer betaal, want sy was ’n uitvoerende vervaardiger van die reeks.

Mei 2008

Vier jaar later is aanhangers verheug toe SATC terugkeer en die vroue na die silwerdoek bring. Maar die rolprent, waaraan hulle veronderstel was om te begin werk net nadat die reeks afgesluit is, word toe glo vertraag weens voortslepende salarisonderhandelings tussen Kim en die rolprentbase.

SJP bevestig dit later, maar ontken daar was onenigheid.

“Ek dink nie enigiemand wil glo dat ek vir Kim lief is nie. Ek sou nie die fliek sonder haar gemaak het nie. Het nie en sou nie.”

Mei 2010

Die vier vroue poseer vir Marie Claire voor die tweede rolprent se première, en weer roer hulle die gerugte oor ’n vete aan.

“’n Negentien-uur-werksdag is stresvol,” sê Kim in die onderhoud. “Maar daar’s ’n kameraderie wat deur dit alles gebeur het.”

September 2017

SJP bevestig ’n derde rolprent is naby aan die gebeur, terwyl gerugte loop dat Kim die enigste een is wat nie die aanbod aanvaar het nie. ’n Maand later bevestig Kim dit deur vir Piers Morgan te sê SJP kon “gawer” oor die ondergang van SATC 3gewees het.

Februarie 2018

Dae nadat Sarah haar medelye oor die dood van Kim se broer uitgespreek het, vra Kim op Instagram haar voormalige medester moet haar uitlos.

“Jou voortdurende uitreiking is ’n pynlike herinnering aan hoe wreed jy toe werklik was en nou is,” skryf sy op Instagram.

April 2018

Sarah Jessica Parker. Foto: Gallo Images/Getty Ima
Sarah Jessica Parker. Foto: Gallo Images/Getty Images

SJP stel haar kant van die saak deur te beweer die skinderkoerantstories oor die vete is bloot buite verband geruk. “Daar is geen katgeveg nie. Ek het nooit ’n onwelwillende, onondersteunende, onvriendelike woord geuiter nie, dus sou ek dit graag wou herdefinieer.”

Oktober 2018

Ondanks al die drama sê SJP sy sou haar nie kon “indink” om nog ’n SATC-rolprent sonder Kim te maak nie.

Januarie 2021

SJP, Kristin en Cynthia bevestig die geliefde reeks herlewe sonder Kim. Dit sal nie net ’n vars storielyn hê nie, maar ook ’n heel nuwe naam: And Just Like That.

Bronne: eonline.com, thesun.co.uk, marieclaire.com, metro.co.uk, elle.com, vulture.com, dailymail.co.uk

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe