Dié reeks speel af op die Kaapse Vlakte en draai om The Oasis, ’n jazzklub wat die middelpunt word van ’n magstryd tussen twee broers, ’n weduwee en ’n misdaadsindikaat.

1. Vertel ons meer oor jou rol in 'Skemerdans'.

Melanie is ’n kelnerin by The Oasis. Sy is ’n plattelandse meisie en ’n toegewyde werknemer met groot drome.

Ek het haar sterk persoonlikheid en sin vir humor geniet.

Ann-Juries May vertolk die rol van die kelnerin, M
Ann-Juries May vertolk die rol van die kelnerin, Melanie. Foto: Showmax

2. Hoe was dit om saam met veteraanaktrises soos Ilse Klink en Vinette Ebrahim te werk?

Dit was ’n droom wat waar geword het. Party dae moes ek myself knyp omdat ek sedert my grootwordjare hierdie akteurs bewonder.

Toe ek besef hoe gaaf en vrygewig hulle is, was ek so geïnspireerd.

3. Noem drie dinge waarvoor jy dankbaar is.

My gesondheid, familie en om te kan doen waarvoor ek lief is.

4. ’n Komedie of riller?

Ek is mal oor komedie. Om te lag is die beste medisyne.

Ann Juries-May in die neo-noir-reeks Skemerdans. F
Ann Juries-May in die neo-noir-reeks Skemerdans. Foto: Zaheer Banderker

5. ’n Aand uit of tuis?

’n Aand tuis. Die inperking het my geleer om die eenvoudige dinge te geniet soos ’n aandjie tuis en om sinvolle gesprekke met geliefdes te voer.

6. Stadsliggies of die platteland?

Ek’s ’n stadsmeisie, maar hou daarvan om na die platteland te reis om te recoup ná ’n lang opname.

Ek is op my gelukkigste in die natuur.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe.