Skaars ’n maand ná Phoenix Bennet se geboorte op 11 Januarie 2017 het sy al in haar eerste toneel vir die sepie verskyn.

Daarin speel sy Bianca Fourie (Simone Biscombe) en Stefan Gerber (Gideon Lombard) se dogtertjie.

Phoenix in haar TV-ouma, Mymoena (Jill Levenberg), se arms, by haar TV-ma, Bianca (Simone Biscombe), en -oupa, AB (Cedwyn Joel). Foto: Verskaf.

“Phoenix is ’n absolute plesier om mee saam te werk,” vertel Simone, haar TV-ma.

“Almal in die produksie dra haar op die hande.”

In pa Christian Bennett se arms. Foto: Verskaf.

In die regte lewe is haar pa die akteur Christian Bennett, wat in 2016 as die skobbejak Harry Galant in Suidooster te sien was.

Foto: Verskaf.

Natuurlik is hy of haar ma, Liezel, altyd saam met haar op die stel.

“Daar mag net ’n maksimum van drie uur per dag met haar verfilm word,” vertel Wilmer Muller, Suidooster se publisiteitsbestuurder.