Die boorling van Pretoria het kykers vasgenael gehou voor hul televisieskerms met al sy onderduimse maneuvers, spitsvondigheid en welverdiende voorspronge in M-Net se plaaslike trefferreeks Survivor SA: Island Of Secrets.

Die selfverklaarde superbewonderaar van Survivor is vandeesweek uitgestem. Dit maak van hom die 15de persoon wat uitgestem is en die sewende lid van die jurie.

Die selfverklaarde superbewonderaar van Survivor i
Die selfverklaarde superbewonderaar van Survivor is vandeesweek weggestuur en dit maak van hom die 15de persoon, en die sewende lid van die jurie, wat uitgestem is uit die reeks. Foto: M-Net
Ek kan nie terugkyk nie, want dan sal ek gek word.

“Ek sou niks wou verander aan die manier waarop ek die speletjie gespeel het nie, want ek dink ek het fantasties gespeel. Jy word elke liewe dag gedwing om besluite te neem en jy neem die besluite volgens die inligting wat julle almal op daardie tydstip tot jul beskikking het,” vertel Jacques aan Huisgenoot.

“Ek kan nie terugkyk nie, want dan sal ek gek word.”

Die 27-jarige Jacques het die speletjie van die begin af met groot geesdrif aangepak en volgens hom was sy strategie om iemand te soek op wie hy kon vertrou en dan ’n goeie band met daardie persoon te smee.

Die 27-jarige Jacques het die speletjie van die be
Die 27-jarige Jacques het die speletjie van die begin af met groot geesdrif aangepak. Foto: M-Net

Alhoewel hy nooit bang was om, veral by die Stamraad, mense die harnas in te jaag nie, en ook nie “doekies omgedraai” het nie, onthul Jacques dat hy nie verbaas was toe hy uitgestem is nie.

“Ek was, om eerlik te wees, in werklikheid emosioneel gereed om huis toe te gaan en ek het vrede gehad met die feit dat ek uitgestem is.

“Elke keer as jy by die Stamraad instap, word jy daaraan herinner dat dit jou laaste keer mag wees.”

Ek sou niks wou verander aan die manier waarop ek
Ek sou niks wou verander aan die manier waarop ek die speletjie gespeel het nie. Foto: M-Net

Alhoewel dit lyk asof Rob Bentele (die videograaf) en Nicole Capper (eienaar van aanlyntydskrifte) tans die septer swaai, reken Jacques dat die radio-aanbieder Mike Venter uiteindelik hierdie seisoen as die enkele oorlewende gekroon sal word.

“As die spelers slim is, sal hulle hom uitstem want dit lyk asof hy ook ’n gunsteling onder die bewonderaars is”
 
Ná Jacques se boeiende vertoning in die reeks, sê hy sy deelname aan Survivor het hom laat besef wat belangrik is in sy lewe.

“Jy begin besef dat jou gesin meer belangrik is as die onbenullige dinge in die lewe, soos om die nuutste motor te koop of materiële besittings na te jaag.”

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.