Die bedryfsingenieur van Pretoria het boonop die vierde plek behaal uit al die deelnemers. Die stryd is deur die Australiese deelnemer Nick Iadanza gewen. 

Saam met Jacques was ook Nicole Capper en Sepei Mashugane, wat nes hy verlede jaar aan die sewende seisoen van die plaaslike reeks deelgeneem het en ook Toni Tebutt, wat ’n deelnemer was aan seisoen 6 se Survivor SA: Philippines. Jacques was die 15de persoon wat uit Survivor SA: Island of Secrets gestem is.

Sequester is ’n strategiese spel waar 20 deelnemers ’n week lank om ’n kontantprys meeding. Dit het as ’n aanlyn kompetisie begin maar met tyd tot ’n verfilmde weergawe gegroei het. Gedurende inperkingstydperk wêreldwyd het die skepper, die voormalige Big Brother-deelnemer Audrey Middleton, aanlyn gasvrou gespeel vir “Sequester Minis” met verskeie temas. 

“Dis so half ’n mengsel tussen Survivor en Big Brother. Twintig mense begin en aan die einde bly een persoon as die wenner oor. Elke rondte moet jy iemand uitstem soos in Survivor, maar daar is elke keer ’n vangplek. Dis meer chaoties as wat Survivor is," verduidelik Jacques aan Huisgenoot.

"Partykeer is die twist dat die persoon met die hoogste aantal ewe stemme die een is wat uitgestem word, so as ek twee stemme kry en die ander persoon kry sewe, word ek uitgestem,” verduidelik Jacques. 

Bekende deelnemers van die Amerikaanse weergawe van Survivor, soos Shirin Oskooi en Stephen Fishbach wat in Survivor: Cambodia te sien was.

Shirin Oskooi. Foto: Getty Images/Gallo Images
Stephen Fishbach. Foto: Getty Images/Gallo Images
Stephen Fishbach. Foto: Getty Images/Gallo Images

“Dis baie fun and games. Die hoogtepunt was om saam met al hierdie internasionale mense te kon deelneem. Van die mense wat deelgeneem het is mense vir wie ek toe ek jonger was op die TV gekyk en geskree het. Dis regtig ’n dream come true.”

Jacques is ’n selfverklaarde superbewonderaar van
Jacques is ’n selfverklaarde superbewonderaar van Survivor. Foto: M-Net

Jacques vertel dat hy dit geniet het om tussen ander te wees wat verstaan hoe Survivor werk.

“Ons almal is maar deur dieselfde goed. Wat ook lekker is, is dat ’n klomp van die produksiespan aan al die verskeie internasionale produksies van Survivor werk, so dis eintlik een baie groot interconnected gemeenskap,” sê hy. 

“Die vier van ons wat op die einde oorgebly het, was ook elkeen soort van die “nerd” van die groep tydens ons onderskeie seisoene. Vir ’n internasionale spel was dit nogal lekker.”

Jacques, Stephen Fishbach, Adam Klein en Nick Iada
Jacques, Stephen Fishbach, Adam Klein en Nick Iadanza was die finale vier deelnemers. Foto: YouTube

Jacques vertel verder dat die inperking vir hom nie ’n tydperk van rus beteken het nie. 

“My werk is om supply chains te simuleer en te moduleer. Met lockdown en toe die plekke in China begin toemaak het, is om supply chains te laat werk moeiliker as ooit. Ek werk harder as ooit tevore en ek weet ook hoe gelukkig ek is, want baie mense het hul werk verloor. “Dis hoekom dit so lekker was om met Survivor Mini so bietjie ’n blaaskans van werk te vat,” sê hy. 

“Wat ook lekker was, is dat dit letterlik oor twee of drie tydsones plaasgevind het. Dit was snaaks hoe ek twee uur die oggend hier in Suid-Afrika met ’n bier gesit het terwyl dit vir ’n ander ou agtuur die oggend was,” voeg hy by. 

Ekstra bron: insidesurvivor.com