Die paartjie gesels met Minki oor Donnalee se swangerskap en deel hul opgewondenheid oor die koms van hul eersteling. 

Ivan en Donnalee het verlede jaar Kaap toe verhuis, en is in Mei op die wynlandgoed Blaauwklippen naby Stellenbosch getroud. Nou maak hulle reg om hul eersteling in die wêreld te verwelkom.

View this post on Instagram

Whatever our souls are made of ... his and mine are the same ... ? . . . Photographer ♥? @aglowceleste . . . SARIE BRUID #NouOpDieRakke @sarietydskrif #SarieLiefde

A post shared by Donnalee Roberts (@donnalee_r) on

Die paartjie het in Oktober die geslag van hul eersteling bekend gemaak: Dis 'n seuntjie. Albei het 'n video van hul sonar op hul Instagram-profiele gedeel. 

“Hallo, pragtige wêreld. Ek het nog nooit in my hele lewe 'n liefde so groot gevoel nie,” het Donnalee by die video van haar kleinding geskryf. 

“Drie woorde is in my hart geplaas toe ons oor jou naam en oor jou lewe gebid het - moed, deernis en vriendelikheid. Ons staan al met ontsag oor die roeping in jou lewe! Mag al jou besluite uit 'n plek van diep wysheid en mag geneem word en mag jy altyd vreugde vind selfs in die kleinste oomblikke. Ons is so verlief op jou," het sy laat hoor. 

Ivan het ook in 'n inskrywing op Instagram hul kleinding se naam verklap toe hy 'n 4D-skandering van hul ongebore baba gedeel het en daarby geskryf het: "Dankie vir die ongelooflike herinnering met ons seun #cameron. Hy het sy mamma se pragtige lippe".

Donnalee vertel aan Minki hoe sy op haar heel mooiste voel tydens haar swangerskap. 

"Ek is absoluut verlief op elke oomblik. Ek dink nie ek het in my hele lewe al mooier gevoel nie," vertel Donnalee. 

"Sy wil die heeltyd hê almal moet aan dit (haar bababoep) vat," voeg Ivan by. Hy het reeds 'n dogter, Amélie (10), uit sy vorige huwelik met die aktrise Ciske Kruger.

Tydens die episode verras Minki ook vir Donnalee met 'n spesiale gas, haar ma, Wilma. 

Wilma verklap aan Minki hoe sy alreeds tydens Ivan en Donnalee se vriendskap vir Ivan as skoonseun geïdentifiseer het. 

  • Nuwe episodes van Minki word Woensdae om 20:00 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai, met heruitsendings op Saterdae om 18:30. In samewerking met Finbond Platinum.