Ons het tydens die verfilming op die stel by die Robertsham-hotel in Southdale in die suide van Johannesburg gaan inloer.
“Die covid-19-situasie voel nou al normaal. Jy dink nie eens meer regtig daaroor nie, want almal dra maskers, handhaaf sosiale afstand en was hul hande,” vertel Sekoati Tsubane, wat Gomo speel.
Die eerste seisoen is hoofsaaklik op Waenhuiskrans en ander dele van die Wes-Kaap verfilm. In die tweede seisoen is ál meer dele in Johannesburg geskiet. Dis ook die geval in die jongste seisoen.
Vir Nazli George, wat haar rol as Dotty hervat, pas die Johannesburgse skedule haar perfek.
“Ek is so bly dat ek weer deel van die reeks kan wees,” sê Nazli, wat nou ook voltyds die karakter Ivy in 7de Laan speel.
Louw Venter, wat die rol van Francois le Roux vertolk, het die uitdagings van die nuwe seisoen geniet.
“Vir my persoonlik was dit net lekker om die uitdaging van ’n karakter wat amper van voor af begin aan te pak. My karakter verloor sy geheue en hy moet van oor af leer loop.
“Ek het nog nooit so iets gedoen nie, so dit was lekker om daardie tipe ontwikkeling te doen,” vertel die akteur, wat ook in die sepie Suidooster as Lukas te sien is.
Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET