Hy moes in die finaal tussen Marisia van Wyk (24) en Bridget Marshall (31) besluit, maar Marisia het eindelik met die verloofring weggestap. 

View this post on Instagram

There's still time to play The #BacheLEAGUE! Hop over to mnet.tv/thebachelorsa to play and stand a chance to win your share of R20 000 weekly, courtesy of @lottostar_official ?? #TheBachelorSA #BachelorNation

A post shared by mnettv (@mnettv) on

Die skaam spraakterapeut en gehoorkundige van Klerksdorp wat deesdae in Kaapstad woon, was die jongste deelnemer in die Bachelor-huis, maar dit het haar nie gekeer om stof in die ander 21 meisies se oë te skop wat ook meegeding het om Marc se hart nie.  

View this post on Instagram

Here are @marcbuckner's 22 reasons to believe in love. Who's your fave? Check out our IG story and mnet.tv for more. #TheBachelorSA??

A post shared by mnettv (@mnettv) on

Ons kyk na die top-5-oomblikke tussen Marc en Marisia in hierdie seisoen

1. In episode een, waar die dames hulle moes voorstel aan die vrygesel, was Marisia geklee in ’n geel rok en het sy haarself in gebaretaal voorgestel.

Marc was baie beïndruk daarmee, en haar eerste indruk van Marc was dat hy baie aantreklik is en lekker ruik. 


2. Marc het kort daarna vir Marisia gekies om op die heel eerste afspraak met hom te gaan, maar Pasha dos Santos (27) het ’n stokkie daarvoor gesteek.

Sy het haar wit “troefkaartroos” wat sy aan die begin van die reeks gewen het dadelik gebruik om ’n romantiese afspraak voor Marisia se neus weg te raap.

Pasha het al aan Huisgenoot vertel sy het aanvanklik ’n bietjie skuldig gevoel, maar dit het op een van die beste afsprake vir haar uitgeloop. 

3. Marc en Marisia het die internet op hol gehad op hul romantiese afspraak by die Wieg van die Mensdom waar die twee vuurwarm voor die kameras gesoen het.

Marisia van Wyk en Marc Buckner deel intieme oomblikke tydens hul aandjie uit in die Wieg van die Mensdom. Dit was juis daar waar die warm soen geplant is wat almal so aan die gons het.

Al het Pasha haar eerste afspraak met Marc gesteel, en Qiniso van Damme (26) die eerste soen gekry, was die skaam Marisia die eerste om ’n intense romantiese band tussen haar en Marc te beleef.

4. Marisia is gekies as een van die meisies wat op ’n interessante groepafspraak met Marc gegaan het. Daar kon hy die aantrekkingskrag tussen hom en die meisies toets terwyl hy geblinddoek was.

Hy moes dan raai watter dame dit was, en aan die einde van die afspraak het hy vir haar die wit “troefkaartroos” gegee en wou hê sy moet dit gebruik.

Marisia het toe die roos gebruik en in plaas van Mulesa Lumina (27) op ’n alleenafspraak met Marc gegaan in die park.

Hier het hy haar voorgestel aan sy geliefde reddingshond, Luna, en ook vir haar pragtige Jack Friedman-juweliersware as ’n geskenk gegee.

Sy was natuurlik mal oor die oorbelle met twee harte wat verbind is, maar onafhanklik beweeg.  

5. Tydens episode 13 het Marc en Marisia vir hul avontuurafspraak gaan perd ry op die strand, juis omdat sy mal is daaroor. Maar dit het ’n dramatiese wending gehad toe Marisia van die perd afval en seerkry.

Gelukkig was dit nie te ernstig nie en die twee kon steeds voortgaan met hul afspraak. Marc het toe aan die aanbieder Jason Greer verklap dat die hele insident hom laat besef het hoeveel hy vir haar omgee, en hoe dinge oor die afgelope paar maande tussen hulle verander het.

Hy het toe gebieg dat hy meer gevoelens vir haar het as wat hy gedink het. Volgens Marisa het sy van die manier gehou hoe hy vir haar omgee en het sy gedink dis baie sweet van hom.