“Stronger together forever baby girl.

So lees die woorde wat Marc aan die binnekant van die platinumring met die een karaat-diamant laat graveer het.

Die inskrywing aan die binnekant van die ring. Fot
Die inskrywing aan die binnekant van die ring. Foto: Verskaf

Die ring is spesiaal deur Howard Friedman, uitvoerende hoof van Jack Friedman Juweliers, ontwerp en lyk heeltemal anders as die ring wat Lee Thompson verlede jaar aan Gina Myers gegee het tydens die eerste seisoen van The Bachelor SA.

Deur die loop van die maatsoekreeks het Marc aan drie van die deelnemers unieke geskenke gegee.

’n Armband vir Jess R, oorbelle vir Marisia en ’n halssnoer vir Gillian.

Marc het hierdie stukke juweliersware saam met Howard ontwerp. Howard het daarom geweet dat Marc op soek was na ’n unieke ontwerp wat tog ook klassiek is. 

Marc het hierdie stukke juweliersware saam met How
Marc het die ring saam met Howard ontwerp. Foto: Jack Friedman Juweliers

“Daarom kon ons nie ’n bestaande ring gebruik nie,” sê Howard. 

Die ring wat Marc aan Marisia gegee het. Foto: Ver
Die ring wat Marc aan Marisia gegee het. Foto: Verskaf

“Tydens vorige konsultasies by die Jack Friedman-winkel in Sandton het Marc die Jack Friedman Scarlett-ring met ’n ronde diamant verkies,” vertel Howard oor die ring wat Marc se oog gevang het en die inspirasie vir vanjaar se skepping is. “Die Scarlett-ring is een van die kenmerkende Jack Friedman-verloofringe en is genoem na die heldin in die fliek Gone with the Wind. Die fliek was destyds Jack Friedman se gunstelingfliek,” vertel hy aan Huisgenoot

Jack was Howard se oupa. 

Howard het nadat hy na Marc se idees en voorkeure geluister het, met die ontwerp aan die werk gespring en ’n besonderse peervormige diamant in die ontwerp gebruik.

Die groot vraag . . . Foto: Jack Friedman-juwelier
Die groot vraag . . . Foto: Jack Friedman Juweliers

“Die ring is ’n unieke ontwerp. Hoewel Marc baie van die Scarlett-ring gehou het, het ons ’n nuwe ontwerp geskep wat nog nêrens tevore gesien is nie,” vertel Howard.

Hy verduidelik dat die ring asimmetries is. “Maar tog gebalanseerd; wat die ontwerp spesiaal en uniek maak.”

Volgens Howard kan die ring ook ’n troupand akkommodeer en Marc het glo baie van dié idee gehou. 

Nadat die ontwerp gefinaliseer is, is die ring, wat R150 000 werd is, binne 48 uur vervaardig. 

Howard het kort daarna saam met ’n lyfwag na die Kapama-wildreservaat gevlieg om die nuwe ontwerp aan Marc te wys. Hy het ook van die ander kenmerkende Jack Friedman-ringe saamgeneem. Maar die peervormige diamantring het glo dadelik Marc se aandag getrek.

 

Volgens Howard sal dié spesiale ring ook vir die publiek beskikbaar wees, maar sal slegs op bestelling gemaak word. Die beginprys vir ’n soortgelyke ring met ’n 0,50 karaat-diamant is R34 000. Die ring sal ook met ’n 0,75 karaat-diamant gemaak word, geset in platinum of goud. 

Perfek. Foto: Jack Friedman-juweliers
Perfek. Foto: Jack Friedman Juweliers

En as jy dalk gewonder het hoe so 'n knewel van ’n diamant aan jou vinger sal lyk, kan jy die ring aanpas. 

Howard en sy span by Jack Friedman het ’n spesiale filter geskep wat op Instagram beskikbaar is. Met die filter wat in Instagram se stories-afdeling beskikbaar is, kan jy ’n foto van jou hand neem. En siedaar, die ring is aan jou vinger. 

'n Sprokieseide vir Marc en Marisia. Foto: Jack Fr
'n Sprokieseinde vir Marc en Marisia. Foto: Jack Friedman Juweliers
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitter en Facebook en teken gerus in op ons nuusbriewe.