Die Durbaniet vertel haar verstand het stilgestaan nadat Marc die woord “maar” gebruik het terwyl hy sy gevoelens oor haar uitgedruk het. “Dit was vreeslik, dit was aaklig,” sê Bridget.

“Ek het daardie aand na my kamer teruggegaan en my oë uitgehuil. “Ek was op die foon met my ma en pa en ek was die volgende dag op ’n vliegtuig huis toe. Ek het gehuil en ek het kwaad geraak. Jy beleef die emosies soos jy dit normaalweg sou beleef, want dit is basies soos om met iemand uit te maak.”

Gelukkig vir haar het die drama en onsekerheid eindelik tot ’n einde gekom.

Bridget het haar dikwels aan die kern van spanning bevind en het sessies met ’n psigiater gehad om haar deur die kompetisie te help kom. 

Dit het met 22 deelnemers in die huis begin en al was sy een van die laaste twee vroue wat om die Bachelor Marc se hart meegeding het, het haar betrokkenheid in al die interpersoonlike dramas daartoe gelei dat sy teen die spraakterapeut Marisia van Wyk in die stof gebyt het.

Dit was ook nie maklik om weer na die seisoen te kyk nie. Dit was ’n emosionele aand in die Marshalls se huis toe die gesin Bridget se ervaring herleef het.

View this post on Instagram

It suddenly stopped. All the butterflies, fireworks, my heart and my words froze. I didn’t know what to say... How do you put into words how your feeling when everything just comes to a grinding halt This was one of the toughest moments for me... Reliving this was heartbreaking all over again and I wasn’t sure if I even wanted to watch it. Over the last few weeks I have relived every emotion and every feeling and it hasn’t been easy. This entire journey has taught me so much and I am so proud of myself for taking this chance and staying true to who I am. It took a lot of courage and strength to put my heart on the line and risk it all for the chance to have it all. The most important lesson I have learnt is that at the end of the day I am only human. We all are, we all make mistakes, we are born to be real not perfect. It is completely ok to be vulnerable and feel all the emotions that life gives us. The happy, sad, anger, fear, regret, love and loss. It makes us who we are. . Lastly I would like to say a huge thank you to each and every person that has supported me and shown me so much love. It means the world to me?? I am hurt but I will heal. I let myself fall and I’m getting back up again. I like to think that some hearts are just too big to break. My Prince Charming is out there somewhere and I still believe in that breathtaking, passionate, fairytale love @thebachelor_sa @mnettv @lottostar_official @jackfriedman1933 #thebachelorsa #mnet #lovelost #mnet #heartsore

A post shared by Bridget Marshall (@bridge5m) on

“Dit was oorweldigend. Dit was vir my iets groots om al die emosie gisteraand te herleef en dit het gevoel of ek weer daar was," vertel sy.

“Ek het gehuil en ek het onsteld geraak, wat natuurlik normaal is. Selfs terwyl hulle die episode gekyk het, het hulle (haar ouers) emosioneel geraak. Dit is nooit lekker om jou dogter en geliefde te sien seerkry nie.”

Met terugskoue stem Bridget saam haar betrokkenheid by die wrywing in die huis het tot Marc se finale besluit bygedra, maar sy het met die uitslag vrede gemaak.

“Ek persoonlik voel daar was dalk ander faktore ook, dat hy net baie meer van Marisia gehou het en homself baie meer saam met haar gesien het en dit dalk (nie) vir my gesê het (nie). Hy wou my nie seermaak nie.

“Ek hou van Marc en Marisia. Ek dink hulle is goed saam en hy is net nie my mens nie. My mens is nog daar buite iewers.”

Die 31-jarige sê sy is ontvanklik daarvoor om met Marc vriende te wees al het hulle nie sedert hul openbare uiteengaan direk met mekaar gepraat nie. Hulle kon altyd goeie vriende wees en noudat sy afsluiting gevind het, is daar selfs groter potensiaal vir vriendskap.

“Ek het altyd gedink Marc is ’n wonderlike mens. Ek sou graag nog met hom wou vriende wees. Ek dink ons sou groeie vriende wees. Ons het altyd lekker gelag.

“Op stuk van sake is dit Marc se besluit met wie hy voel hy die beste ’n band smee. Marisia was sy mens en ek was nie. Dis iets wat ek die afgelope paar maande moes hanteer en dis oukei.

“Ek is gelukkig en ek koester geen haat of wrokkigheid teenoor enigiemand nie. Soms ontmoet jy mense en hulle is net nie die een nie.”

Verfilming is al in Desember voltooi. Sedert sy en Marc uitmekaar is, het Bridget saam met vriende en familie na Hongkong en Europa gereis en ook op ’n paar afsprake gegaan.

“Ek het dit agter die rug gesit. Ek is enkellopend en ek is reg vir uitgaan,” sê sy.   

“Ek was op een of twee afsprake hier en daar. Op die oomblik is ek net gelukkig met enkellopend wees en ek is op ’n baie goeie plek in my lewe. Ek gaan nie uit my pad om iemand te soek nie.”