Die 25-jarige sakevrou praat openlik oor haar vorige toksiese verhouding en die nasleep wat sy moes hanteer. Maat toe sy voel sy is reg om weer te begin uitgaan, het sy The Bachelor as ’n beginpunt gesien. En sy gaan nie met leë hande huis toe nie.

View this post on Instagram

Bon voyage Daniella. Head over to mnet.tv/thebachelorsa for her exit interview ?? #TheBachelorSA #bachelornation

A post shared by mnettv (@mnettv) on

In ’n onlangse onderhoud met ons sustertydskrif YOU het Daniella erken dat om Marc voor ’n ultimatum te stel oor hoe hy oor haar voel, het haar kans by hom verminder. Maar sy voel steeds dit was belangrik om te weet hoe hy in daardie stadium van die kompetisie oor haar gevoel het. Sy het haar teenoor hom kwesbaar gemaak, want sy wou nie seerkry nie.

“Ek het gevoel ons was in ’n stadium van die kompetisie waar jy óf iets vir iemand voel óf nie en jy genoeg tyd spandeer het om te weet of jy daardie vlinders vir die mens het. Jy weet of jy belangstel, of nie . . .” het sy gesê.

Daniella sê sy was dolverlief op Marc oor sy aantreklike voorkoms, maar hul “oppervlakkige” gesprekke het die toon aangegee oor waar hul toekoms dalk lê. En omdat die ervaring in die geheel buite haar gemaksone was, het sy baie selfvertroue bygekry. Dit is veilig om te sê sy is weer haar ou self.

“Ek het vertroue in myself as ’n vrou, maar ek voel selfversekerd genoeg om nie ’n man te nader nie. Ek voel steeds ’n man moet ’n heer wees en ’n man moet die man in ’n verhouding wees. En ek sou steeds daarvan hou as ’n man my die hof maak en die eerste stap doen. Maar as ek sien ek hou van iemand en ek wil met iemand kontak maak, is ek nie bang om die eerste stap te doen nie. Maar ek sou daarvan gehou het as hy het . . .” sê sy.

Daniella sê as sy die kans gehad het om buite die program vir Marc iets te sê, sou sy sê sy is nie bitter die verhouding het nie uitgewerk nie. Sy voel Marc is ’n goeie mens en verdien dit waarna sy hart hunker.

“Ek sou eintlik net vir hom sê: ‘Ek hoop jy is gelukkig. Ek hoop regtig jy is gelukkig en ek hoop die ervaring laat jou jou gelukkig vir altyd vind.’ En indien nie, hoop ek regtig hy vind sy ewigdurende geluk.”

Terwyl sy goeie wense stuur aan die man wat haar ridder op ’n wit perd kon wees, voel Daniella optimisties. Sy glo steeds in die liefde en is reg om aan te pak wat die lewe ook al oor haar pad bring.