Maar in die mees onlangse episode is haar hoop verpletter toe sy huis toe gestuur is sonder dat sy op ’n enkele afspraak saam met die Kapenaar gegaan het.

Regdeur die seisoen het aanhangers van The Bachelor SA gekyk hoe Rikki Marc smeek hy moenie haar tyd mors nie – en in die laaste episode was dit ook weer so.

Die skoonheid vertel sy het op die dag van die skemerkelkpartytjie gesit en wonder of sy die vrygesel se roos sou verwerp as hy dit vir haar sou aanbied.

Sy sou in die volgende fase van die kompetisie haar familie aan die vrygesel moes voorstel – iets waarvoor sy nie gereed was nie, sê Rikki nou.

“Ek het die man nie geken nie, ek was nie besig om hom te leer ken nie . . . en ek was nie bereid om hom na my familie toe te neem nie,” sê Rikki.

“In ’n sekere stadium dink jy ook by jouself dit is ook my reis en ek ken hom nie. Ek het begin besef ek kan nie net rondsit en wag net omdat hy sê: ‘Jy sal tyd kry’ nie.

“Ek wil die man ook leer ken en sien of ek van hom hou. Dis nie ’n eensydige besluit nie. Ek het geminag begin voel. Hy het dieselfde meisies herhaaldelik bly sien sonder om my ’n kans te gee om hom te leer ken. Hy het gedurig vir my die een ding gesê en gedurig iets anders gedoen.”

Op die vraag hoekom hy op meer as een afspraak met van die deelnemers was, het die aantreklike Kapenaar te kenne gegee hy doen dit om meer duidelikheid oor die vroue te kry.

Maar nadat hy sy opsies opgeweeg het, het Marc besluit om nie vir Rikki ’n roos te gee nie.

“Hy het my week ná week daar gehou en toe stuur hy my eenvoudig huis toe,” sê sy.

Gisteraand nadat die episode uitgesaai is, het die mediapersoonlikheid op Instagram ’n lang boodskap aan haar aanhangers geskryf.

“Toe ek daardie aand weg is, was ek baie bly,” is die hofie van Rikki se plasing op Instagram.

“Terwyl ek die program terugkyk, dank ek die sterre ek het nie beland by iemand wat hardloop by die eerste aansig van ’n sterk vrou wat nie bang is om te sê wat sy dink nie.

“Oor die algemeen het ek nog altyd geglo ’n volwasse verhouding moet ware gesprekke kan hanteer waar jy mekaar kan uitdaag om te kan groei. Aantreklikheid en ’n sespak beteken niks as jou hart nie suiwer is nie.

“As jou siel nie op ’n dieper vlak by met myne kan verbind nie, is jy nie my mens nie. So graag as wat ek my mens wil vind, sal ek nooit toegee nie.”

View this post on Instagram

I am beyond ecstatic to finally be able to say that I did not receive a rose!! I want to say how unbelievably proud I am of each and every one of the incredible women that took part in this journey. Putting yourself out there to be vulnerable in front of millions of people is scary beyond imagination. It takes more courage than what most people will ever understand. We are strong. We are beautiful. But most importantly, we are all so very brave!! Many people have asked why I did the show, so let's have an honest moment here. I am almost 35 and wasnt meeting anyone. So, instead of sitting around complaining, I decided to send the universe a message that I am ready to meet my person. Every fiber of my being did this with true intentions and for genuine reasons. Why am I so straight forward? I have been through circumstances in my life, that led me to finding my strength. For most of my life I never believed I was worth a grain of sand. But, I have done massive amounts of personal growth work to learn to love myself again. To know that I am worth more than I've ever given myself credit for. Even on the days I don't feel an ounce of it, (and believe me there are many of these days) I force myself to speak as if I do believe it. Therefore, I need to speak my truth. When I left that night, I was very happy to. Watching the show back, I thank my lucky stars I didn't end up with someone that runs at the first sight of a strong woman who isn't scared to speak her mind. Generally I have always believed a mature relationship should be able to handle real conversations where you are able to challenge each other in order to grow. Good looks and a six pack means nothing if your heart is not pure. If your soul can't connect with mine on a deeper level, you are not my person. As much as I would love to find my person, I will never settle. To those that have supported me, I am so grateful for you. Thank you for being so passionate about my journey to find love. I have struggled with the fact that by leaving I am disappointing you, but I hope you will see that this is the perfect way it could have ever worked out for me. Thank you ? #TheBachelorSA #journey #celebrate #happy

A post shared by Rikki Brest (@rikkibrest) on

Marc het in die sosiale media deurgeloop oor sy besluit om Rikki huis toe te stuur. "O hemel, jy't opgemors! Ek voel amper jammer vir jou, maar ek is nie," het een van sy volgelinge op Instagram laat hoor. "Jy het die een verloor wat alles het, en net omdat jy nie die ordentlikheid gehad het om haar enige regte tyd te gee nie. Jy het haar tyd gemors."

"Jy het so pas die grootste fout van die seisoen gemaak," het nog een laat hoor.

Marc het op sy beurt op Instagram laat hoor hy "gaan nie fokus of reageer op die negatiewe kommentaar nie, veral nie van iemand wat in die huis was en vir wie ek omgegee het nie".

“Ek steun egter steun, maar nie karakterskending nie," het Marc verder op Instagram laat hoor in 'n inskrywing aan sy meer as 74 000 volgelinge.

Rikki is min gepla oor Marc se reaksie, want sy meen haar Instagram-plasing is buite konteks geneem.

“Ek dink ek is ten volle geregtig om dit te sê. Ek is nie spyt ek het dit gesê nie. Ek dink nie dis aaklig nie. Dis my mening en my ervaring met hom,” sê sy.

“Ja, ek het ’n paragraaf of ’n sin oor Marc gehad . . . en ek het gesê ek was bly toe ek die huis verlaat. Ek dink hy was seergemaak oor die kritiek teen hom dat hy my laat gaan het en hy het die kommentaar met ’n filter op gelees. Hy het die res van die kommentaar ter harte geneem, maar dit was nie 100 persent oor hom nie,” voeg sy by.

Rikki hou vol die boodskap wat sy saam met haar ma saamgestel het, is sonder kwaadwilligheid geskryf, want sy ken Marc nie goed genoeg om haar oor die reinheid van sy hart uit te spreek nie.

Al was dit dalk ’n dramatiese einde vir dié hoofstuk van die mediapersoonlikheid se lewe, weet Rikki dit is nie die einde van haar reis na liefde nie en “dit sal gebeur as dit so bestem is".