Dus is daar nou 19 vrygeselle wat om die hart van Qiniso van Damme meeding.

Qiniso van Damme. Foto: Verskaf
Qiniso van Damme. Foto: Verskaf

Ons leer die mans ’n bietjie beter ken. 

Aviwe Mhlakata 

View this post on Instagram

A post shared by The Bachelorette SA (@thebachelorettesa)

Aviwe (25) is ’n model en oorspronklik van Mthatha in die Oos-Kaap. 

Hoekom het jy besluit om in te skryf? 

Met Qiniso as die Bachelorette was daar nie veel oorreding nodig vir my om in te skryf nie. Sy is beeldskoon. 

Bradley Meyer

Bradley (29) is in Kaapstad gebore en woon tans in Pretoria. Hy doen projekbestuur in die finansiële sektor.

Hoekom het jy besluit om in te skryf? 

Qiniso lyk soos ’n baie interessante dame met baie goeie eienskappe. Nou voel soos die regte tyd om liefde te vind; miskien is hierdie opsie die regte keuse. 

Cameron Scott 

Cameron (25) is ’n fliekmaker van Johannesburg.

Hoekom het jy besluit om in te skryf? 

Ek het nie, iemand het vir my ingeskryf. Dit was toevallig die regte tyd vir so ’n geleentheid. 

Craig Khumalo

Craig (31) is ’n opvoedkundige terapeut van Durban. 

Hoekom het jy besluit om in te skryf?

Om my sielsgenoot te ontmoet sodat ek die wêreld aan die brand kan maak en iemand kan kry om ’n gesin mee te begin. 

Dylan Heneck 

Dylan (29) kom oorspronklik van die Verenigde State van Amerika. Hy woon tans in Kaapstad en werk in die musiekbedryf. 

Hoekom het jy besluit om in te skryf? 

Ek het nog nooit met iemand uitgegaan wie se naam met die letter Q begin nie, en ek dink dis ’n uitdaging wat ek sal kan aanvat. 

Franco Basson

Franco (26) is ’n finansiële konsultant van Johannesburg. 

Hoekom het jy besluit om in te skryf? 

Dit was tyd om liefde te vind. Ek is moeg vir flings

Gareth Ehret 

Gareth (27) is ’n digitale bemarker en lewensafrigter van Johannesburg.

Hoekom het jy besluit om in te skryf? 

Ek sien altyd kans vir iets nuut en ’n avontuur. Ek is al ’n rukkie enkellopend en is reg om die liefde te vind wat ek verdien. 

Gregory Barkhuizen

Gregory (28) is ’n duiker en kroegman van Kaapstad. 

Hoekom het jy besluit om in te skryf? 

Ek het baie van Qiniso gehou uit die vorige reeks en toe hulle aankondig sy gaan die Bachelorette wees, het ek gespring vir die geleentheid om haar te ontmoet. 

Henk (Swazi) Nel

Henk (28) is ’n sportafrigter van Piet Retief. Hy is in Kaapstad gebore en het op 12 Swaziland toe getrek, van daar sy bynaam. 

Hoekom het jy besluit om in te skryf? 

Ek wou myself buite my gemaksone druk en sien waar skoonheid vandaan kom.

Justin Lakey

Justin (26) is ’n kondisioneringsafrigter en sportsmasseuse van Johannesburg.

Hoekom het jy besluit om in te skryf? 

Ek het ’n spontane reis gesoek en ’n band met iemand, en ek het hierdie platform gekies om dié geloofsprong te neem. 

Keelan McManus

Keelan (26) is in die verkoopsbedryf en kom van Durban. 

Hoekom het jy besluit om in te skryf? 

Vir die ervaring en die geleentheid om die mooie Qiniso te ontmoet, en om dalk liefde te vind. 

Kganya Rapoo

Kganya (23) is ’n rekenmeester van Johannesburg. Hy woon in Fourways, maar het ook vir vyf jaar in Kaapstad gebly.

Hoekom het jy besluit om in te skryf? 

Daar is hierdie wonderlike, mooi, inspirerende gevoel genaamd liefde. Ek was opgewonde oor die belofte van ’n wonderlike ervaring, om ’n siel te ontmoet by wie se energie ek aanklank vind en om moontlik ’n kans te staan om daardie wonderlike gevoel van liefde te ervaar. 

Kyran Wright

Kyran (33) kom van Kaapstad en is die bestuurder van ’n reservaat. 

Hoekom het jy besluit om in te skryf? 

Daar is ’n paar redes. Ek is ’n aanhanger van die reeks en was opgewonde oor die moontlikheid van nuwe ervarings en dalk romanse. Dis ’n wen-wen-situasie.

Lunga Kupiso

Lunga (30) is ’n bemarkingskonsultant van Idutywa in die Oos-Kaap. Hy het ’n diploma in openbare betrekkinge en kommunikasie en ’n graad in strategiese bemarkingkommunikasie.

Hoekom het jy besluit om in te skryf? 

“Skryf in en sien waarheen dit lei,” het Qiniso gesê. So ek het hierdie geleentheid gevat om deel te wees van Qiniso se storie, want ek is in daardie fase van my lewe waar ek reg is vir wat volgende kom.

Marc Coetzee

Marc (41) is ’n lewensafrigter van Durban. 

Hoekom het jy besluit om in te skryf? 

Nadat ek al die gewone maniere gevolg het, wou ek ’n ander manier probeer om iemand te ontmoet. 

Peter Roos

Peter (28) is ’n projekbestuurder van Johannesburg. 

Hoekom het jy besluit om in te skryf?

Soos baie teen dié tyd weet, het ek op laerskool ’n ogie op Qiniso gehad. Ek het ingeskryf om te sien of die vonke weer sou spat. 

Ruan Meyer

Ruan (26) kom oorspronklik van Bloemfontein en is ’n deeltydse argitektuur-student. Hy en ’n vriend is ook besig om ’n ontwerp-en konstruksiemaatskappy te begin. 

Hoekom het jy besluit om in te skryf? 

Baie keer is ek opsoek na iets meer, of dit liefde, geselskap of net ’n mal ervaring is. Om op The Bachelorette SA te wees gee dit als vir my. 

Ten Naidu

Ten (36) kom oorspronklik van Durban en is bedags ’n model en gee saans klas. 

Hoekom het jy besluit om in te skryf? 

Om iemand te vind met wie ek kan dans en reis, en as ek gelukkig is, iets meer. 

Vuyani Mashego 

Vuyani (28) is ’n kondisioneringsafrigter van Benoni. 

Hoekom het jy besluit om in te skryf? 

Ek het vir Survivor SA ingeskryf, maar dit nie gemaak nie. En toe is ek gevra om op The Bachelorette SA te wees. Ek was toevallig op ’n plek in my lewe waar ek opsoek was na ’n lewensmaat. 

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe