’n Hele klomp van die oorspronklike akteurs – soos Stephanie Pratt (32), Audrina Patridge (33), ­Heidi Montag (31) en Spencer Pratt (35) – het onlangs by die MTV Video Music Awards saam op die rooitapyt verskyn om die aankondiging oor The Hills: New Beginnings te vier. 

Destyds: Van links is Lauren Conrad, Audrina Patridge, Heidi Montag en Whitney Port by die MTV Movie Awards 2008. Foto: Gallo Images/Getty Images

MTV het in ’n verklaring gesê die première word vir volgende jaar beplan.

Blessing your feed with some pre-@gunnerpratt #SPEIDI ?? #TheHills

A post shared by The Hills (@mtvthehills) on

Dit sal handel oor die lewe van die oorspronklike akteurs en ook dié van hul kinders en vriende in Los Angeles.

The rest was still unwritten... until now. #TheHills

A post shared by The Hills (@mtvthehills) on

Daar word nog met die TV-werklikheidster Brody Jenner (35) onderhandel om ook in die program te verskyn.

Gang’s all here ?? #TheHills

A post shared by The Hills (@mtvthehills) on

Intussen is daar hartseer nuus vir aanhangers van die oorspronklike reeks: Lauren Conrad (32) en Kristin Cavallari (31) sal nie in die nuwe reeks te sien wees nie. 

Bronne: People.comEW.com, MTV.com