Die wenner van die derde seisoen van The Voice South Africa is Tasché Burger.

Kykers regoor die land het Sondag vasgenael voor hul kassies gesit om te kyk hoe weke se harde werk finaal tot 'n einde kom op die derde seisoen van dié internasionaal bekende werklikheidstelevisiereeks.

Tasché het eerste opgetree en saam met haar afrigter, Francois van Coke, die immergewilde Toe Vind Ek Jou gesing. Hul optrede het 'n staande ovasie van die gehoor ontvang. In haar solo-optrede het sy die Beatles se treffer Let It Be gesing.

Tasché Burger, wat in Francois van Coke se span is, het die derde seisoen van The Voice South Africa gewen.

Die vyf finaliste is elkeen 'n kans gegun om die gehoor en kykers te vermaak.

Tasché Burger, Soné Joubert en Siki Jo-Ann is as die top-drie aangekondig. Hoewel die kykers ná ’n rondte van solo-optredes vir Siki Jo-An moes groet, het die luidkeelse applous van die gehoor dit duidelik gemaak dat sy nie binnekort vergeet sal word nie.

Hier is van haar vorige optredes op dié program:

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.