Erken dit maar – as jy ’n sepiekyker is of ooit een was, het The Bold and the Beautiful jou al na jou asem laat snak.

Dalk was dit die keer toe Taylor jare ná haar dood na die sepie terugkeer en onthul sy is al die jare deur ’n Arabiese prins aangehou.

Of toe Ridge uit ’n helikopter val nadat hy probeer keer het dat Brooke met ’n ander man trou . . .

Geen wonder kykers was lam van skok toe gerugte onlangs begin loop dat  SABC3 dit oorweeg om weens finansiële druk die uitsending van The Bold ná meer as drie dekades te beëindig.

Die SAUK wou nie bevestig of die reeks wel van die lug gaan verdwyn nie, maar Huisgenoot kan bevestig The Bold and the Beautiful word nie aangedui op TV-roosters vir die komende maande nie. Teen druktyd het kykers ’n petisie begin om die sepie te red.

’n Skrale troos is dat die kanaal EVA English (DStv-kanaal 141) die afgelope jaar ook The Bold uitsaai, maar dis veel ouer episodes as dié wat tot dusver op SABC3 te sien was.

Hier kyk ons terug na van die hoogtepunte deur die jare.

BROOKE DIE KAMPIOENBRUID

Brooke geniet dit duidelik om ’n bruid te wees en spog met die meeste troues in die reeks. Sy was al ’n volle 18 keer voor die kansel, maar kon nog nie soveel keer afhaak nie.

Brooke en Ridge – 11 troues

  • 1994 By Point Dume-strand in Malibu, Kalifornië, met die bruid wat te perd aangegalop kom.
  • 1998 ’n Tradisionele kerktroue.
  • 2003 By die Forrester-herehuis, maar daar’s groot drama. Brooke slaan op die vlug, want sy vermoed Ridge is verlief op haar dogter ­Bridget (uit haar huwelik met Eric). Die liefdesduifies bevind hulle op 'n Suid-Amerikaanse eiland en beloof trou aan mekaar.
  • 2004 Brooke en Ridge haak dié keer af by die Forrester-herehuis.
  • 2006 Hulle wil weer trou nadat hulle uitmekaar was, maar Ridge se halfbroer, Nick Marone, bars ewe dramaties in en swiep Brooke daar weg. Hy’s natuurlik ook verlief op haar.
  • 2009 Ná probleme in hul verhouding keer Ridge en Brooke terug na Point Dume om weer daar te trou. Maar weens probleme met die papierwerk is die troue ongeldig.
  • 2009 Hulle trou in die hof om te sorg dat hulle wettiglik man en vrou is.
  • 2012 Hulle trou by die Forrester-herehuis, en Stephanie aanvaar eindelik vir Brooke as skoondogter.
  • 2014 Brooke en die nuwe Ridge staan voor die kansel, maar die troue word afgestel toe Brooke se suster Katie kastig flou raak en daar met haar hospitaal toe gejaag word.
  • 2018 Brooke en Ridge beloof ewige trou op hul droomtroue by die Forrester-huis, dié keer sonder enige drama of onderbrekings.

Brooke en Eric – 2 troues

1991 Brooke se heel eerste troue is met die veel ouer Eric in die Mojave-woestyn, waar hulle hul huweliksnag in ’n tent deurbring.

2005 Nadat Eric weer van Stephanie geskei het, trou hy weer met Brooke.

Haar ander troues

  • 1997 Grant Chambers – 1997
  • 2001 Thorne Forrester (Ridge se halfbroer)
  • 2002 Whipple “Whip” Jones
  • 2006 Nick Marone (Ridge se ander halfbroer) 
  • 2017 Bill Spencer Jr.
BITTEREINDERS

Heelwat karakters het deur die jare in The Bold gekom en gegaan, maar die kernvier, Eric, Brooke, Ridge en Stephanie, was uit die staanspoor daar. Taylor was ook ’n langasem.

Eric Forrester

Die patriarg van die Forrester-moderyk en medestig
Die patriarg van die Forrester-moderyk en medestigter van Forrester Creations.
John McCook (74) is al 32 jaar in dié rol.
John McCook (74) is al 32 jaar in dié rol.

Die patriarg van die Forrester-moderyk en medestigter van Forrester Creations is ryk, sjarmant en op sy oudag steeds onweerstaanbaar vir vroue. John McCook (74) is al 32 jaar in dié rol.

Brooke Logan

Brooke en Ridge se liefdesverhaal is vir baie kyke
Brooke en Ridge se liefdesverhaal is vir baie kykers die spil waarom alles draai.

Dié sexy ouma word deur Katherine Kelly Lang (57) gespeel. Brooke en Ridge se liefdesverhaal is vir baie kykers die spil waarom alles draai.

Ridge ­Forrester

Ridge, die grootste hartebreker onder die Forreste
Ridge, die grootste hartebreker onder die Forresters, is 25 jaar lank deur Ronn Moss (66) gespeel
Niemand sou Ronn met sy sexy kakebeen kon vervang
Niemand sou Ronn met sy sexy kakebeen kon vervang nie, maar in 2012 het hy die reeks ná ’n salarisgeskil verlaat.

Ridge, die grootste hartebreker onder die Forresters, is 25 jaar lank deur Ronn Moss (66) gespeel. Niemand sou Ronn met sy sexy kakebeen kon vervang nie, maar in 2012 het hy die reeks ná ’n salarisgeskil verlaat.

Thorsten Kaye (53) verskyn nou as Ridge.

Thorsten Kaye (53) verskyn nou as Ridge.
Thorsten Kaye (53) verskyn nou as Ridge.

Stephanie Forrester

Die Forrester-matriarg met die skerp tong het die septer geswaai tot die karakter se dood aan kanker in 2012. Die rol is deurgaans briljant deur Susan Flannery (79) vertolk.

Die rol is deurgaans briljant deur Susan Flannery
Die rol is deurgaans briljant deur Susan Flannery (79) vertolk.

Taylor Hayes

Taylor, die ander liefde in Ridge se lewe, is sedert 1990 deur Hunter Tylo (56) gespeel. Die karak-ter is in 2002 in Ridge se arms dood, maar het in 2005 teruggekeer nadat ’n Arabiese prins haar gevange gehou het.

Taylor, die ander liefde in Ridge se lewe, is sede
Taylor, die ander liefde in Ridge se lewe, is sedert 1990 deur Hunter Tylo (56) gespeel.
Hunter Tylo (56) het in 2005 teruggekeer nadat ’n
Hunter Tylo (56) het in 2005 teruggekeer nadat ’n Arabiese prins haar gevange gehou het.
ONVERGEETLIKE INTRIGES

Met die uitsending van die 8 000ste episode in Januarie vanjaar in Amerika het Bradley Bell, die sepie se uitvoerende vervaardiger en hoofskrywer, verklap wat van sy gunstelingstorielyne was.

Brooke’s Bedroom

Dit was die naam van Brooke se sexy onderklerereeks. Sy het dit op ’n modeparade bekendgestel terwyl sy op ’n bed op die loopplank lê.

Steffy die waaghalsige bruid

Met elk van Steffy Forrester (Jacqueline MacInnes Wood) se drie troues met Liam Spencer het sy iets gewaagds aangevang. Die eerste keer het sy gesorg dat Liam se verloofde, Hope Logan, in ’n ski-hysbak in Aspen, Colorado, vasgekeer is en magteloos toekyk.

Met hul tweede troue het Steffy in ’n swart kant­uitrusting op ’n motorfiets opgedaag.

Met die derde troue in Sydney, Australië, het sy van die bopunt van die operahuis aan ’n kabel afgegly na die seremonie toe.

Quinn En Liam as Adam en Eve

Quinn Fuller (Rena Sofer) wou haar seun Wyatt Spencer ’n kans gee om sy droomvrou, Steffy, se hart te verower.

Toe Steffy se kêrel, Liam, ná ’n kopbesering geheueverlies kry, het Quinn hom na ’n afgeleë kothuis ontvoer. Terwyl sy hom daar versorg het, het sy hom oortuig hul name is Adam en Eve en hulle is getroud.

Toe Liam eindelik die waarheid uitvind, was Wyatt en Steffy klaar getroud.

VERSTOMMENDE OOMBLIK

Sepies het dikwels wendings, maar in 2015 was daar ’n kinkel in die kabel soos min. Dit was toe Eric en Brooke se seun Rick Forrester (Jacob Young) die model Maya Avant (Karla Mosley) vra om met hom te trou en sy onthul sy is as ’n seun gebore.

Rick het steeds met haar getrou, en hulle het die trotse ouers van ’n babadogter geword met die hulp van Maya se suster, Nicole (Reign Edwards), wat die surrogaatma was.

Hiermee het die sepie TV-geskiedenis gemaak.

“Die transgender verhaal wat ons vertel, is belangrik, want dit gaan oor verdraagsaamheid,” het die vervaardiger Bradley Bell toe gesê.

“Of jy transgender, gay of heterosek­sueel is – dit maak nie saak nie; dit gaan daaroor om liefde te vind in die lewe.”

Dié intrige is met drie pryse by die jaarlikse GLAAD-prysaand bekroon vir ’n uitmuntende uitbeelding van die transgender gemeenskap.

BABAS BY DOSYNE

Meer as 18 babas het binne drie dekades die eerste lewenslig in The Bold aanskou. Te midde van al die drama in die reeks is min oomblikke so roerend soos om ons gunsteling- karakters met ’n pasgebore baba in die arms te sien.

Bill en Katie met baba Will

Bill en Katie met baba Will.
Bill en Katie met baba Will.


Brooke en klein Hope

Taylor en Nick met Jack

Taylor en Nick met Jack.
Taylor en Nick met Jack.


Ridge en Caroline met Douglas

Ridge en Caroline met Douglas.
Ridge en Caroline met Douglas.


SNAAKSSTE OOMBLIKKE

Alles was darem nie net die ene erns nie.

1992

Nadat sy Stephanie lelik uitgeskel het, wou Sally haar aartsvyand ’n klap gee, maar toe verloor die rooikop haar balans en val in die swembad. Ons het saam met Stephanie gelag dat die trane loop!

2002

Sally probeer Massimo Marone verlei en voer ’n sexy danspassie uit terwyl sy net ’n skrapse rooi nommertjie dra. Maar met haar rondings was dit eerder skreeu­snaaks as verleidelik. . .

2003

Ná vele vetes en ’n paar katgevegte het Sally en Stephanie toe sowaar vriende geword. Wie kan die oomblik vergeet toe die twee saam aangeklam raak en Ste­phanie ’n nuwe haarstyl kry – met die kom­plimente van Sally!

BOOSWIGTE

Daar was deur die jare heelwat skurke wat ander se lewe wou versuur.

Bill Spencer

Praat van harteloos. Die man het sy skoondogter by sy seun probeer afvry, jok vir sy kinders en familie en het selfs al iemand probeer vermoor.

Quinn Forrester

Sy sal haarself uit enige situasie lieg of baklei om haar seun ­Wyatt te beskerm – katgevegte, ontvoering, noem maar op.

SYFERS
  • 1987 Die eerste ­episode word in die VSA uitgesaai.
  • 35 m. Dit spog met soveel kykers wêreldwyd.
  • 8 000 Soveel episodes is teen Januarie vanjaar uitgesaai.
  • 88 Soveel Daytime Emmy-pryse het dit gewen – met 274 benoemings.
  • 4 025 Soveel uur sal dit jou neem om die hele reeks te kyk.
  • 503 Soveel dae se kykstof tot dusver as jy agt uur per dag The Bold kyk.
  • 97 Soveel troues was daar al in die sepie
Bronne: tvovermind.com, soaps.sheknows.com, soapoperadigest.com, theboldandthebeautiful.fandom.com, citizen.co.za, channel24.co.za, nowtolove.co.au, cbs.com, parade.com