Eers het hulle padkos hul mae op hol, en toe hulle by ’n vulstasie stop, word hul bussie boonop gesteel. Dan kry die res van hul kos ook voete – en die sondaar is ’n ou Hillsider.

Die produksiespan en rolverdeling glimlag vir ’n f
Die produksiespan en rolverdeling glimlag vir ’n foto. Foto: Chilli PicNic Fotografie en Nicky Jansen van Vuuren

Die tonele is oor vyf dae in Februarie geskiet. “Dit was lang ure met baie meer tonele as ’n gewone dag op stel,” sê Kayleen Bessit, die sepie se publisiteitsbeampte.

Beáta Bena Green (Shady) en Clint Aplon (Romeo) gl
Beáta Bena Green (Shady) en Clint Aplon (Romeo) glimlag vir ’n kiekie. Foto: Chilli PicNic Fotografie en Nicky Jansen van Vuuren

Hulle het meestal by die Tsogo Sun Riverside Hotel by die Vaalrivier en in die kroegarea van hul Johannesburgse ateljee verfilm, vertel Rikus Strauss, wat Tjattas speel. 

“Dit was ’n ongelooflike ervaring en heeltemal anders as wat ons elke dag in die ateljee doen. Ek sal dit enige tyd weer doen.”

Van links is Rikus Strauss (Tjattas), Sesethu, Bly
Van links is Rikus Strauss (Tjattas), Sesethu, Blyde en Rubin Wissing (Ludo) tussen swembadtonele. Foto: Chilli PicNic Fotografie en Nicky Jansen van Vuuren

Rubin Wissing, wat die rol van Ludo vertolk, beaam dit. “Die hele reis was een groot bondeltjie plesier. Selfs wanneer tonele ernstig was en die span moeg was, sou ons altyd die dag afsluit met baie lag en mekaar se geselskap.” 

KYK WIE’S TERUG! 

Die gesoute akteur Terence Bridgett, wat die afgelope 20 jaar aan en af die rol van Jerome in 7de Laan vertolk, maak weer sy terugkeer – dié keer om die jongklomp se kos te gaps. 

Die jongklomp en Jerome.
Die jongklomp en Jerome. Foto: Chilli PicNic Fotografie en Nicky Jansen van Vuuren

Hy sal Jerome egter nooit voltyds kan speel nie, sê Terence. “Hy’s ’n uitputtende karakter! Maar ek hoop die gehoor geniet dit net soveel om na hom te kyk soos wat ek dit geniet om hom te speel."

Hillside sal altyd sy huis weg van die huis wees. “Ek is geseënd genoeg om op feitlik elke sepiestel in die land te werk, maar 7de Laan bly vir my een van die gemaklikste en mees innemende professionele omgewings.” 

Sesethu Ntombela (Khethiwe), Blyde Smit (Gabby), B
Sesethu Ntombela (Khethiwe), Blyde Smit (Gabby), Beáta en Dimpho More (Nozi) by die Engen-vulstasie. Hulle is in die regte lewe "lewenslange vriende" sê Sesethu. Foto: Chilli PicNic Fotografie en Nicky Jansen van Vuuren

Om met Hillside se jongklomp te werk was vir hom die beste verrassing ooit.

“Ek was baie beïndruk met hul vlak van dissipline, professionaliteit en uithouvermoë. Dit is duidelik dat die mense by 7de Laan kom en gaan, maar die vlak van werksetiek en toewyding het nie verander nie,” sê Terence. 

Die span maak gereed om tonele langs die Vaalrivie
Die span maak gereed om tonele langs die Vaalrivier te verfilm. Foto: Chilli PicNic Fotografie en Nicky Jansen van Vuuren

Die akteur woon deesdae in Johannesburg, maar sê hy bly in sy hart en siel ’n Kapenaar. “Ek gaan so gereeld as moontlik Kaapstad toe.” Behalwe dat hy nou in 7de Laan te sien is, werk Terence ook aan ander projekte. 

“Covid-19 en die inperking het baie dele van die vermaaklikheidsbedryf vernietig. Ek was op die verhoog in Kaapstad in ’n musiekblyspel The Producers en was op die punt om 'n nuwe kykNET-dramareeks te begin skiet.”

Khethiwe (Sesethu) word bekoor deur Henré (Zander
Khethiwe (Sesethu) word bekoor deur Henré (Zander de Beer) se Franse aksent. Foto: Chilli PicNic Fotografie en Nicky Jansen van Vuuren

Terence sê hy is baie bly dat hy sy gereedskapkassie vir vervaardiging, regie en skryf intussen afgestof het en daarin kon slaag om werk te skep waarop hy trots is. 

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op FacebookTwitterInstagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe