HOT PURSUIT

E.TV (Aksie)

’n Polisievrou wat neig om oorversigtig te wees moet ’n Colombiaanse vrou wie se man vermoor is, beskerm om te verseker sy daag by die hof op om teen ’n dwelmbaas te getuig.

Maar korrupte polisiebeamptes en sluipmoordenaars is op hul spoor. Met Reese Witherspoon (foto) en Sofía Vergara. \

SATERDAG 4 AUGUSTUS 19:30 2015. 87 MIN. O13

FIELA SE KIND

KYKNET (Drama)

Dié klassieke fliek, wat op Dalene Matthee se boek gegrond is, gaan oor ’n bruin vrou wat ’n wit baba op haar drumpel ontdek. Sy maak hom as haar eie kind groot.

Maar nege jaar later word hy by haar afgevat. Met Shaleen Surtie-Richards en Dawid Minnaar.

SATERDAG 4 AUGUSTUS 20:00 1988. 105 MIN. 13O

SOMETIMES THE GOOD KILL

M-NET (Drama)

’n Moord word in ’n abdy gepleeg en die vinger word gewys na een van die nonne. Sy word dan die middelpunt van die ondersoek en moet self speurder speel om uit te vind wie die regte moordenaar is voor dié weer toeslaan. Met Yulia Petrauskas en Allison Hossack (foto).

SATERDAG 4 AUGUSTUS 21:00 2017. 90 MIN. 16G

LOVING

M-NET (Biografie)

Dié rolprent vertel die ware verhaal van die Amerikaanse paartjie Richard en Mildred Loving wat in die 1950’s in Virginië in die hof baklei het vir hul reg om oor die kleurgrens te trou. Hul hofsaak, bekend as Loving v. Virginia, het tot in die appèlhof gedraai. Met Joel Edgerton en Ruth Negga (foto).

SONDAG 5 AUGUSTUS 04:55 2016. 123 MIN. 13T

SPY

E.TV (Komedie)

’n CIA-analis wat uitstekende praktiese opleiding het, werk haar lewe lank agter ’n lessenaar. Sy werk nou met ’n aantreklike agent saam en hou hom veilig. Toe die agent in ’n aanval omkom, gaan sy tot aksie oor. Met Melissa McCarthy en Jason Statham (foto).

SONDAG 5 AUGUSTUS 20:00 & 00:45 2015. 119 MIN. 16GT

THE MOUNTAIN BETWEEN US

M-NET (Drama)

In dié fliek, wat op die boek deur Charles Martin gegrond is, word twee vreemdelinge gedwing om saam te werk nadat hul vliegtuig in ’n afgeleë, sneeubedekte gebied geval het.

Hulle besef hulp is nie op pad nie en trek deur die wildernis. Met Idris Elba (foto) en Kate Winslet.

SONDAG 5 AUGUSTUS 20:05 2017. 112 MIN. 13GST

OOK OP DIE KASSIE

KONINGS VAN KITSKOS

VIA

Die sanger Gerhard Steyn en sy akteursvriend Alvin Bruinders (foto)van Vetkoekpaleis keer terug na die kassie vir die tweede seisoen van dié reeks waarin hulle op soek is na bobaaskitskos. Hulle beproef verskeie eetgoed en kom op ’n verskeidenheid smullekker geregte af.

WOENSDAE OM 17:30

9-1-1

M-NET 

Dié nuwe reeks deur die Emmy-bekroonde Ryan Murphy, die man agter American Horror Story en Glee, gaan oor nooddienswerkers. Dit wys die druk waaronder die polisie, paramedici en brandweerpersoneel verkeer. Met Connie Britton en Angela Bassett (foto).

MAANDAE OM 20:00

Foto's: Dino Codevilla, IMDb