The Broken Ones

The Broken Ones.

SABC 3 (Aksie)

Dié fliek, gegrond op ’n ware verhaal, gaan oor ’n vrou wat sukkel om haar pa se dood in die 9/11-terreuraanval te verwerk.

Haar pad kruis dié van ’n gekwelde vreemdeling in New York. Hulle help mekaar om die tragedies in hul lewe te oorkom. Met Charlie ­Bewley en Cece King (foto).

VRYDAG 21 SEPTEMBER 21:30 2018. 90 MIN. 013 

Trash

Trash.

E.TV (Drama)

Drie weestienerseuns ­ontdek ’n beursie toe hulle in ’n krotbuurt in Rio de Janeiro deur rommel grawe.

Toe die polisie ’n groot beloning daarvoor aanbied, besef hulle hoe belangrik hul ontdekking is.

Met Eduardo Luis en Gabriel Weinstein (foto), asook Martin Sheen en Rooney Mara.

SATERDAG 22 SEPTEMBER 00:45 2014. 114 MIN. 16GT

Krotoa

Krotoa.

KYKNET (Drama)

Dié fliek vertel die storie van ’n 11-jarige Khoi­prinses wat in 1652 van haar stam weggeskeur word om vir haar oom se handelsvennoot, Jan van Riebeeck, te gaan werk.

Sy bly dan onder die Hollandse koloniste en word ’n invloedryke tolk.

Met Roeline Daneel en Crys­tal-Donna Roberts (foto).

SATERDAG 22 SEPTEMBER 20:00 2017. 90 MIN. O13

Safe House

Safe House.

E.TV (Aksie)

’n CIA-groentjie wil graag wys wat in hom steek terwyl hy in Suid-Afrika gestasioneer is.

Hy kry die kans toe hy ’n gevaarlike vlugteling moet oppas. Nadat hulle aangeval is, moet hulle saam oorleef en uitvind wie hulle dood wil hê.

Met Denzel Washington (foto) en Ryan Reynolds.

SONDAG 23 SEPTEMBER 20:00 2012. 115 MIN. 16

Unlocked

Unlocked.

M-NET (Aksie)

’n Agent van die Amerikaanse Intelligensiediens (CIA) word na Londen gestuur nadat sy nie ’n terreuraanval kon verhoed nie. Die CIA druk egter op haar nommer toe ’n terreuraanval in dié stad dreig. Maar sy word by ’n bedrogspul ­betrek. Met Michael Douglas en Noomi Rapace (foto).

SATERDAG 22 SEPTEMBER 21:00 2017. 98 MIN. 16GT

American Assasin

American Assassin.

M-NET (Aksie)

’n Man se verloofde word vermoor toe hulle op Ibiza vakansie hou. Hy wil die verantwoordelike terreursel infiltreer.

Die CIA ruik lont en vra ’n Koue Oorlog-­veteraan om hom onder sy vlerk te neem en op te lei om nog ’n terreuraanval te stuit.

Met Dylan O’Brien en Shiva Negar (foto), asook Michael Keaton.

SONDAG 23 SEPTEMBER 20:30 2017. 112 MIN. 18GT

Ook op die kassie

Vloeksteen

Vloeksteen.

SABC 2

Dié boeiende dramareeks maak weer ’n draai op die kassie. Dit speel af in die onderwêreld van onwettige diamanthandel en gaan oor die lewe van ’n groep geheime agente, hul hanteerder, Spook de Koning (André Jacobs), en sy assistent, Elle Fourie (Erica Wessels).

Ook met Neels van Jaarsveld (foto) en Dorette Potgieter.

DINSDAE OM 19:00

Siren

Siren.

Showmax

Die kusdorpie Bristol Cove was glo eens ’n veilige hawe vir meerminne. Ryn (Eline Powell, foto) kom soek na haar suster. Ben (Alex Roe) en sy meisie, Maddie (Fola Evans-Akingbola), besef gou daar is iets vreemds aan haar.

Die meerminne in dié gruwelreeks is boonop nie van die vriendelike soort nie. Sibo­ngile Mlambo speel die meermin Donna. 

Foto's: LIONSGATE FILMS, PENGUIN FILMS, UNIVERSAL PICTURES, FREEFORM, INDEPENDENT FILM, FOCUS WORLD, KYKNET