Vra maar vir vier verpleegsters van die Binnelandkliniek wat later vandeesmaand ’n naweek op At (Hans Strydom) se plaas gaan deurbring. 

Die vroue het gemengde gevoelens oor hul uitstappie in die natuur. 

Die vrouenaweek word vinnig op sy kop gekeer toe d
Die vrouenaweek word vinnig op sy kop gekeer toe dr. Quinton (Ramey Short) en Louis (Germandt Geldenhuys) die vroue verras. Foto: Sean Brand

Omdat René (Simoné Nortmann) al telkemale ’n wegholbruid was en meer as een wittebrood misgeloop het, is sy “opgewonde oor die avontuur”, vertel Simoné. 

In die regte lewe bevind die aktrise haar op die oomblik op Bali nadat sy einde verlede maand in die Bosveld met die sakeman Andries Pretorius getroud is. 

Hoekom dra Quinton vir Karli? Groot drama wag!
Hoekom dra Quinton vir Karli? Groot drama wag! Foto: Sean Brand

Oor haar karakter, Karli, vertel die aktrise Pascal Pienaar: “Karli sien nie eintlik uit na die wegbreek nie, maar sy doen dit omdat sy ’n goeie vriendin vir Naomi (Je-ani Swiegelaar) wil wees.” 

Die vierde vriendin is Chanel, gespeel deur Lindsey Abrahams. Kykers sal van 20 Maart moet inskakel om te sien wat alles met die vroue gebeur.