BLACK OR WHITE

SABC2: SATERDAG 30 JUNIE 15:30
2014, 121 MIN, O13
Drama.

Kort nadat ’n man sy vrou in ’n motorongeluk verloor het, tref nog ’n terugslag hom. Sy kleindogter wat hy en sy oorlede vrou sedert hul dogter se dood grootgemaak het, se ouma aan vaderskant dagvaar hom vir alleentoesig. Die meisie se pa is ’n dwelmslaaf.

Jillian Estell, Kevin Costner en Octavia Spencer.


INSIDE OUT

E.TV
SATERDAG 30 JUNIE 19:30
2015, 95 MIN, O
Animasie.

Riley is ’n 11-jarige meisie van die Amerikaanse Midde-Weste. Haar lewe word omvergegooi toe haar gesin na San Francisco verhuis. In dié moeilike tyd laat sy haar deur haar emosies lei en dinge lol weens die stres van die trek.

Stemme van Amy Poehler en Bill Hader.


BAD BLOOD

M-NET
SATERDAG 30 JUNIE 21:00
2017, 90 MIN, 16
Riller.

’n Vrou dink sy het die volmaakte man ontmoet. Hy is aantrek-lik en suksesvol. Hulle is albei smoorverlief. Dan vind sy ’n donker geheim oor die nuwe man in haar lewe uit terwyl hulle een naweek in ’n oord in die berge uitspan.

Morgan Griffin en Xavier Samuel.


CAPTAIN AMERICA: CIVIL WAR

M-NET
SONDAG 1 JULIE 13:00
2016, 147 MIN, O13G
Aksie.

Politieke druk neem toe om die Avengers-superhelde vir hul optrede aanspreeklik te hou. Captain America glo superhelde moet vry wees om die mensdom te verdedig sonder regeringsinmenging.

Paul Rudd, Jeremy Renner en Chris Evans.


ANT-MAN

E.TV
SONDAG 1 JULIE 20:00
2015, 117 MIN, O13
Wetenskapsfiksie.

’n Wetenskaplike wat uit sy eie maatskappy gegooi word, snoer kragte saam met ’n bobaasdief. Die boef word met ’n superpak toegerus wat hom piepklein maak en supermagte gee sodat hy selfs miere kan beheer.

Paul Rudd en Michael Douglas.


THE HITMAN’S BODYGUARD

M-NET
SONDAG 1 JULIE 20:05
2017, 118 MIN, 16GT
Aksie.

’n Toplyfwag se hulp word ingeroep om sy aartsvyand, ’n sluipmoordenaar, te beskerm. Die twee stamp al lank kop, maar moet nou saamwerk om seker te maak die sluipmoordenaar kom by die internasionale strafhof uit.

Samuel L. Jackson en Ryan Reynolds.

REEKSE

THE HANDMAID’S TALE

M-NET
BEGIN MAANDAG 2 JULIE OM 22:10

Die tweede seisoen van dié Emmy-bekroonde reeks begin een van die dae. Die eerste seisoen het ons ’n kykie gebied op Gilead se patriargale samelewing. In die nuwe seisoen raak dinge donkerder ná die rebellie. Het Offred (Elisabeth Moss) ontsnap?


KOFFIEBOON

KYKNET
BEGIN WOENSDAG 4 JULIE OM 17:30

Radio- en TV-man Johrné van Huyssteen. Foto: Verskaf.

Wat is nou lekkerder as ’n koppie boeretroos in die oggend? Die radio- en TV-man Johrné van Huyssteen is in die aanbiederstoel van dié splinternuwe reeks waarin na koffie in al sy glorie gekyk word. Hy besoek koffiekroeë en gesels met baristas en koffieliefhebbers.

FOTO'S: RELATIVITY MEDIA, WALT DISNEY STUDIOS, LEVEL 33 ENTERTAINMENT, LIONSGATE, NETFLIX, KYKNET