Dis winter en die koue laat ’n mens soms ’n bietjie terneergedruk voel. Hoe verwyl jy die grys dae en lang aande binne?

’n Podsending bied net die regte tydverdryf – luister dit in die bed of span dit in om jou gedagtes te boei terwyl jy ander take aandurf soos die rit terug huis toe in die spitsverkeer.

Podsendings raak die afgelope paar jaar ál gewilder, en daar is heelwat om uit te kies, Maar hoe weet jy waarna om te luister? Huisgenoot het van die beste reekse vir jou.

SELFHELP EN INSPIRASIE

Oprah’s Masterclass

Whoopi Goldberg, Jay-Z, Cindy Crawford, Ellen DeGe
Whoopi Goldberg, Jay-Z, Cindy Crawford, Ellen DeGeneres en vele ander is hierin te hoor

Die kletskoningin gesels met beroemdes en inspirerende mense en ontgin hul lewenslesse en wyshede. Whoopi Goldberg, Jay-Z, Cindy Crawford, Ellen DeGeneres en vele ander is hierin te hoor.

The Tim Ferriss Show

Sy inspirerende podsendings is altesaam meer as 30
Sy inspirerende podsendings is altesaam meer as 300 miljoen keer af­gelaai.

Die entrepreneur Tim Ferris, die skrywer van The 4-Hour Workweek, gesels met uitblinkers uit uiteenlopende velde. Sy inspirerende podsendings is altesaam meer as 300 miljoen keer af­gelaai.

10% Happier

Die program bied wenke oor meditasie
Die program bied wenke oor meditasie

Die nuusaanbieder Dan Harris het ’n aanhanger van meditasie geword nadat hy ’n paniekaanval beleef het en meditasie hom daarna gehelp het om werkstres beter te hanteer. Die program bied wenke oor meditasie.

The Tony Robbins ?Podcast

Die lewensafrigter Tony Robbins gesels met merkwaa
Die lewensafrigter Tony Robbins gesels met merkwaardige mense

Die lewensafrigter Tony Robbins gesels met merkwaardige mense oor hul suksesverhale en deel ook sy eie filosofiese raad. ’n Mens dok elders op vir Tony se insigte, maar die podsending is gratis.

IKONIESE LUISTERSTOF

Desert Island Discs

Die BBC-radioprogram wat al sedert 1942 op die lug
Die BBC-radioprogram wat al sedert 1942 op die lug is, herleef nou as podsending

Die BBC-radioprogram wat al sedert 1942 op die lug is, herleef nou as podsending. Bekendes kies die agt liedjies wat hulle sou wou luister as hulle op ’n verlate eiland sou beland. Tussendeur gesels hulle oor hul lewe.

This American Life

Miljoene mense oor die hele Amerika luister na dié
Miljoene mense oor die hele Amerika luister na dié radioprogram

Miljoene mense oor die hele Amerika luister na dié radioprogram, en die podsending is nou wêreldwyd beskikbaar. In elke episode word ’n ander onderwerp bespreek – soms aktuele gebeure; soms die menslike natuur.

JOU VRAE BEANTWOORD

Answer Me This

Die rits onderwerpe wat gedek word, is wyd: Wat he
Die rits onderwerpe wat gedek word, is wyd: Wat het geword van aërobiese oefeninge op oggendtelevisie; wat het geword van koning Henry VIII se lyk?

In hierdie bekroonde Britse podsending word vrae beantwoord wat deur die publiek ingestuur word. Die vrae is soms persoonlik; soms filosofies – en meestal lekker lighartig.

Die rits onderwerpe wat gedek word, is wyd: Wat het geword van aërobiese oefeninge op oggendtelevisie; wat het geword van koning Henry VIII se lyk? Dit bied telkens 45 minute vol pret.

Stuff You Should Know

Was jy al nuuskierig oor hoe strepies­kodes en leu
Was jy al nuuskierig oor hoe strepies­kodes en leuenverklikkers werk of hoekom ouer paar­tjies dikwels na mekaar lyk?

Was jy al nuuskierig oor hoe strepies­kodes en leuenverklikkers werk of hoekom ouer paar­tjies dikwels na mekaar lyk?

In die bekroonde Amerikaanse podsending Stuff You Should Know word gesoek na antwoorde op dié en vele ander lighartige asook ernstiger vrae.

Die aanbieders is Josh Clark en Chuck Bryant, skrywers by die webtuiste HowStuffWorks, en die podsending boer gereeld op iTunes se treffersparade.

GESKIEDENIS

13 Minutes to the Moon

Om die 50ste herdenking van die geskiedkundige maa
Om die 50ste herdenking van die geskiedkundige maanlanding in Julie te vier, het die BBC ’n reeks episodes oor dié gebeure van 1969 gemaak.

Om die 50ste herdenking van die geskiedkundige maanlanding in Julie te vier, het die BBC ’n reeks episodes oor dié gebeure van 1969 gemaak.

Dit bevat nuwe onderhoude met belangrike rolspelers.

Een van hulle is Michael Collins, wat in die beheermodule moes bly toe Neil Armstrong en Buzz Aldrin op die maan se oppervlak geloop het. ’n Ander is Charlie Duke, wat vanaf die aarde met die ruimtevaarders gepraat het.

Chernobyl

Terwyl die gelyk­namige televisiereeks die gebeure
Terwyl die gelyk­namige televisiereeks die gebeure dramatiseer, bespreek die aanbieder en vervaardiger in die podsending die ware verhale

Dié reeks handel oor die kernkrag­ongeluk wat die Sowjetunie – en die wêreld – in 1986 geruk het.

Duisende mense is daarna moontlik weens verwante gesondheidsprobleme dood. Terwyl die gelyk­namige televisie-?reeks die gebeure dramatiseer, bespreek die aanbieder en vervaardiger in die podsending die ware verhale wat as grondslag gedien het.

BOEIENDE DRAMAS

Serial

Die Amerikaanse joernalis Sarah Koenig is die aanb
Die Amerikaanse joernalis Sarah Koenig is die aanbieder van hierdie podsending waarin opspraakwekkende sake ondersoek word

Die Amerikaanse joernalis Sarah Koenig is die aanbieder van hierdie podsending waarin opspraakwekkende sake ondersoek word.

Teen September verlede jaar is die episodes van seisoen een en twee saam reeds meer as 340 miljoen keer ­afgelaai – ’n podsendingwêreldrekord.

Dirty John

Dis intussen in ’n Netflix-minireeks omskep, maar
Dis intussen in ’n Netflix-minireeks omskep, maar hierdie podsending, wat op die verhaal van ’n bedrieër gegrond is, sal jou ook vasgenael hou

Dis intussen in ’n Netflix-minireeks omskep, maar hierdie podsending, wat op die verhaal van ’n bedrieër gegrond is, sal jou ook vasgenael hou.

Dit vertel die storie van John Meehan, wat hom by die lewe van ’n skatryk Kaliforniese sakevrou, Debra Newell, inwurm. Haar familie besef hy ?is met skelmstreke doenig, maar Debra weier om te aanvaar haar nuwe man is ’n monster.

In the Dark

Elke verhaal speel oor verskeie episodes af – dit
Elke verhaal speel oor verskeie episodes af – dit is ontstellend maar boeiend

Die Amerikaanse ondersoekende joernalis Madeleine Barnard ondersoek die ontvoering en moord op ’n 11-jarige seun, en die skuldigbevinding van ’n man wat met die moord op vier mense in ’n meubelwinkel verbind is.

Elke verhaal speel oor verskeie episodes af – dit is ontstellend maar boeiend.

OP EIE BODEM

Weg! Stories

Gesoute storievertellers soos Toast Coetzer, Erns
Gesoute storievertellers soos Toast Coetzer, Erns Grundling en Sophia van Taak kom aan die beurt

In die plaaslike reis­tydskrif Weg! se Afrikaanse podsending lees die skrywers van die tydskrif se rubrieke hul werk voor.

Dit is heerlik om na hierdie stories te luister terwyl jy self op die pad is, en elkeen is sowat 10 tot 20 minute lank. Gesoute storievertellers soos Toast Coetzer, Erns Grundling en Sophia van Taak kom aan die beurt.

Alibi

Die verhaal van Anthony de Vries
Die verhaal van Anthony de Vries

In dié Suid-Afrikaanse podsending ondersoek die joernalis en skrywer Paul McNally die verhaal van Anthony de Vries, ’n man wat vir 19 jaar tronk toe gestuur is vir moorde wat hy volhou hy nie gepleeg het nie.

First Person

In dié plaaslike podsending span die vete­raanjoer
In dié plaaslike podsending span die vete­raanjoernalis Marianne Thamm en die vervaardiger Jayne Morgan kragte saam

In dié plaaslike podsending span die vete­raanjoernalis Marianne Thamm en die vervaardiger Jayne Morgan kragte saam om die buitengewone stories oor gewone maar eiesoortige Suid-Afrikaners te vertel.

Jy kan dit ­aflaai vir wanneer jy nie internettoegang het nie
Wenke
  • Sommige podsendings is gratis, terwyl ander ’n klein fooi kos. Kies eers een wat gratis is.
  • Wees versigtig om outomaties nuwe episodes van ’n podsending op jou slimtoestel af te laai – dit neem ongelooflik baie digitale bêreplek op.
  • Dit kan nuttig wees om op ’n podsending in te teken sodat jou slimtoestel jou inlig wanneer nuwe episodes beskikbaar is, maar wees bedag daarop om nie vir te veel podsendings in te teken nie – die kennisgewings kan oorwel­digend raak.

HOE OM TE LUISTER

Op jou rekenaar

Tik die naam van die podsending waarna jy wil luister – byvoorbeeld Oprah’s Masterclass – by jou webblaaier in en ’n webblad met die reeks en al die episodes sal verskyn. Klik op die episode waarna jy wil luister.

Andersins kan jy webblaaie soos Acast, Grover Pro, Spotify of Pocket Casts aflaai en soek vir die podsending waarna jy wil luister.

Jy kan episodes stroom – dus direk vanaf die webtuiste daarna luister – of dit op jou rekenaar aflaai en bêre vir wanneer jy nie toegang tot die internet het nie.

Vir iPhone of iPad

Laai die Podcast-app in die App Store af, maak die app oop, soek vir die podsending waarna jy wil luister en speel dit.

Jy kan ook apps soos Spotify, TuneIn Radio en Stitcher aflaai en daarmee na die podsendings luister.

Vir Android

Gaan na die Google Play Store en laai ’n app vir podsendings (Spotify, Podcast Addict of Stitcher) af en soek vir podsendings waarna jy wil luister. Jy kan dit stroom of aflaai.  

BRONNE: WEBAFRICA.CO.ZA, GOALCAST.COM, ESQUIRE.COM, VOGUE.CO.UK, DISCOVERPODS.COM, STUFFYOUSHOULDKNOW.COM, BBC.CO.UK
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.