SATERDAG
JOU DAG

Die sterre begunstig ernstige onderwerpe en gedetailleerde werk.

AS JY VANDAG VERJAAR

2018 is die jaar om ambisieuse doelwitte te stel en hulle dan met passie en volharding na te jaag. Moet jou egter nie te veel afsonder nie.

SONDAG
JOU DAG

Klou vandag vas en verwag die onverwagte!

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is manhaftig en georganiseerd. 2018 is die jaar om liewer slimmer as harder te werk. En benut die fyn kuns van kompromie.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Ramme kan baie tyd mors deur almal om hulle te probeer organiseer. As jy hierdie naweek werklik ’n situasie wil verander, sal jy aan die een persoon wat jy wel kan beheer - jouself – moet werk.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Weerstaan hierdie naweek die behoefte om net rustig op jou agterstewe saam met die stroom te dryf, Bul. Ander mense voel gespanne en as jy nie die vrag help dra nie, sal geliefdes jou laat weet hoe hulle daaroor voel.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Praterige Tweelinge – ervaar jy probleme om met ’n lid van die gesin of ’n hegte vriend te kommunikeer? Moenie die situasie uit proporsie blaas en dan dinge sê wat jy later gaan berou nie.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Dit sal moeilik wees om op ’n emosionele vlak met gesinslede kontak te maak. En hoe meer veeleisend jy is, hoe meer sal hulle hulle van jou distansieer. Strewe dus daarna om ’n selfstandige Kreef te wees.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Leeus druk hulle graag uit, maar kreatiwiteit sal hierdie naweek beperk wees aangesien jy ’n tydelike krisis met jou Kat-selfvertroue ervaar en jou talente in twyfel trek. Soek ’n bietjie wyse versekering by ’n geliefde wat jy vertrou.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Wat jy soek en wat jy nodig het, is hierdie naweek twee heeltemal verskillende dinge. Sit jy met ’n moeilike probleem wat te groot is om self te hanteer? Wees proaktief met die vra van hulp by ander mense.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Ervaar jy ’n frustrerende gesinsprobleem wat jy nie kan oplos nie? Kyk na binne vir antwoorde waarna jy soek, Weegskaal. As jy ander mense wil verander, moet jy altyd by jouself begin.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Jy moet praktiese sake aandurf en jou idees duidelik uitdruk. As jy nie dit doen nie, kan jy ’n paar probleme en misverstande verwag, veral wat die sosiale media en vriende betref.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Stadig nou, Boogskutter! Dit is tyd om take te prioritiseer, en dan deur dringende projekte te werk. Jy sal sien dat, hoe meer georganiseerd en gedissiplineerd jy is, hoe minder stresvol sal die naweek wees.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Met Saturnus wat stadig deur jou teken beweeg, is dit tyd om meer prakties te raak. Ontsnap gerus na ’n wonderlike fantasiewêreld. Maak net seker dat jy kan terugkeer na die werklikheid wanneer nodig.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. 

Jy sal gou verveeld raak met eentonige aktiwiteite. Jy wil graag met ’n wye verskeidenheid interessante mense meng en omgaan. Maar ander sal dié naweek vasgevang wees in hul eie probleme.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Moenie waardevolle tyd mors deur jou te bekommer oor jou doelwitte en lewensrigting nie. Saturnus vra dat jy ’n belangrike persoonlike besluit so gou moontlik neem, voor iemand intree en dit namens jou doen!

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.