JOU DAG

’n Skielike besluit kan jou vandag in die moeilikheid laat beland.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is baie doelwit-georiënteerd en geniet jou eie geselskap. 2018 is die jaar om kreatiwiteit met dissipline te balanseer. Dan sal jy begin vorder.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Moenie onbevestigde inligting oordra of gevolgtrekkings maak nie. Duidelike, versigtige kommunikasie sal help om verhoudings met ander mense te verbeter en jou boodskap hard en duidelik oor te dra.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Moenie ’n passiewe Bul wees en toelaat dat iemand jou vandag aanjaag nie. Veral wat ’n intieme verhouding, gesamentlike poging of werkaangeleentheid betref. Jy moet op jou eie pas vorder.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jy is in die bui vir avontuur, aangesien die planete jou aanmoedig om die buitelewe te verken. Maar as jy nie dinge eers goed deurdink nie, kan jy jou vasloop.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Kommunikasie met familie en vriende gaan prettig wees.   As jy tyd saam met kinders deurbring, sal jou innerlike, spelerige Kreef na vore tree. Pasop egter dat jy nie iets uitblaker wat jy later sal berou nie.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Alles draai nie net om jou nie. Kameraadskap, samewerking en kompromie is die gonswoorde. Enkellopende Leeus, ware liefde sal sy tyd neem; bly geduldig.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Kombineer werk en ontspanning op produktiewe en genotvolle maniere. Neem jou tyd om kollegas beter te leer ken terwyl jy en jou werksmaats kuier of ’n konferensie of kantoorpartytjie bywoon.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Met heelwat planetêre beweging in jou familie- en vriendskapsones is dit tyd om aan die gesels te raak met jou dierbares. Duidelike kommunikasie is die beste manier om verhoudings na ’n nuwe vlak te neem.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Met Jupiter wat deur jou teken spring, is jy heelwat impulsiewer as gewoonlik. Wat soms ’n goeie ding kan wees. Maar nie vandag nie. Gebruik liewer die tyd om dinge te deurdink.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jy bespreek graag jou groot planne en opwindende drome. Maar om oor dinge te praat, is nie dieselfde as om dit te doen nie. Moenie meer beloof as wat jy werklik kan lewer nie.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Nougesette Steenbok, dit is ’n goeie dag om dinge tuis en by die werk gedoen te kry aangesien die planete produktiwiteit aanspoor. Maar is jy dalk te selfversekerd oor ’n finansiële kwessie?

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. 

Hou op kortpaaie vat. ’n Agterlosige houding sal net beteken dat jy dinge twee keer moet doen. Met ’n meer metodiese benadering kan jy take afhandel en steeds tyd hê vir speel.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jy is in die bui om te vermaak, maar op ’n stil, gedempte manier. As jou dae te besig raak, moet jy van rus en ontspanning ’n hoofprioriteit maak terwyl jy ’n bietjie heerlike afsondering op ’n spesiale plek geniet.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.