JOU DAG

As jy vandag vrede maak met die frustrasie in jou lewe, sal dinge goed uitwerk.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is intuïtief en het die gawe om stories te vertel. 2018 is die jaar dat jy meer betrokke moet raak by mense uit ander lande en kulture.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr. 

Jy moet vandag ekstra versigtig wees as jy met mense in gesagsposisies moet werk. Jy voel nogal gespanne, maar mense met mag sal beslis nie ’n vurige uitbarsting waardeer nie.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Poog vandag om die balans reg te kry tussen jou persoonlike en professionele lewe, Bul. As jy agteraf iets negatiefs van iemand sê, sal jy heel waarskynlik uitgevang word.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun. 

Neem jou tyd as jy met ander mense kommunikeer – hetsy in persoon of deur sosiale media. Dit kan tot probleme lei as jy iets sê, of ’n boodskap stuur, terwyl jy gejaagd voel.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Beskou jy ’n romantiese verhouding deur ’n verspot rooskleurige bril? Hoe hoër die voetstuk is waarop jy jou maat plaas, hoe verder moet hy/sy val. Leer dus om hom/haar lief te kry met foute en al.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Dis dom om afskeepwerk te doen. As jy ’n projek afjaag, sal jy dit eenvoudig later moet oordoen. Ondervind jy kommunikasieprobleme met ’n kollega? Baasspelerigheid sal dinge net vererger.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Die sleutel tot ’n minder stresvolle dag is om georganiseerd en buigsaam te wees. ’n Vriend/in of gesinslid voel onder druk, dus lyk dit asof daar probleme is met ’n intieme verhouding. Jy moet dus ekstra simpatiek wees.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Wat ’n romantiese of sakeverhouding betref, wil jy vooruit stoom, terwyl hy/sy dinge stadiger wil neem. Jy moet dus nie dinge vandag aanjaag nie. Gebruik liewer die tyd om na binne te kyk.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Saturnus krap jou gesprek- en reissone deurmekaar, dus kan jy oponthoude verwag ten opsigte van motors, rekenaars of kommunikasie. Neem ’n blaaskansie en bespreek dinge met ’n vriend/in.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Dit lyk na ’n goeie idee om ’n romantiese, platoniese of sakeverhouding aan te jaag, maar dit sal net probleme skep in die toekoms. Saturnus waarsku jou om jou tyd te neem en die rose langs die pad te ruik.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Dit lyk asof Saturnus elke beweging van jou dwarsboom, veral wat verhoudings of geld betref; jy kan dus frustrasie en oponthoude verwag. Moet jou nie bekommer nie! Bekyk jou benadering weer ’n slag en hersien jou planne.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jy’s gretig om met eendersdenkende mense in jou buurt te gesels. Jy het baie talente om aan te bied, maar moenie inligting op sigwaarde aanvaar nie. Neem eers die tyd om die feite deeglik na te gaan.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Ekstra rekeninge of stygende koste kan geldsake gespanne maak. Dis noodsaaklik om ’n streng begroting te hê en daarby te bly – veral as jy deel van ’n finansiële vennootskap is.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.