JOU DAG

Misverstande kan vandag voorkom; dus moet jy versigtig optree.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is deeglik en opmerksaam, maar kan ook ’n beheervraat wees. Jy moet in die komende 12 maande minder tyd aan bekommernisse bestee en meer aan die ontwikkeling van jou geestelike sy.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jy moet vandag die selfvertroue hê om uit jou hart te praat en te sê wat jy werklik dink. Mens sal dalk nie met jou opmerkings saamstem nie, maar hulle sal jou openhartigheid en eerlikheid respekteer.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Die dag ontwikkel op ’n nogal deurmekaar manier; dus moet jy op jou tone bly. As jy buigbaar is en jou aanpas by die veranderende omstandighede, sal jy enige verwarring of onderbreking wat opduik, die hoof kan bied!

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Verhoudings kan vandag nogal verwarrend wees aangesien jou geliefdes of kollegas jou gedrag vir selfsug kan aansien. As jy ’n slim Tweeling is, sal jy samewerking bo konfrontasie kies.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Hou vandag jou Krap-energie in toom – veral by die werk. Iemand kan dalk jou planne bevraagteken. Dit is dus hoogtyd dat jy jou afvra: “Is ek vol groot drome, maar het ek dalk te min praktiese details.”

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jou emosies wissel vandag; dus kan jy ’n verwarrende dag verwag. Dra ’n kind, tiener, maat, vriend/in of kollega miskien gemengde boodskappe oor? Jy moet hom/haar nie te skerp oordeel nie. Hy/sy het ’n klomp hooi op sy/haar vurk.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Kommunikasie met ander mense sal ingewikkeld en verwarrend wees indien jy, strydig met jou aard, die eerste gedagte wat by jou opkom, uitblaker. Hou dus jou mond en wag jou tyd af. Vir nou, altans.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt. 

Mercurius is in jou sosialenetwerksone, en dit beteken mense sal regop sit en dit wat jy plaas, raaksien. Maak dus seker dat jy duidelik kommunikeer en dat daar geen ruimte vir verwarring is nie.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov

Geldsake raak vandag verwarrend, Skerpioen, veral indien geld en vriende gemeng is. Probeer dus om die twee apart te hou. En moenie toelaat dat ’n gladdebek-kennis jou op ’n dwaalspoor lei nie.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Mercurius, die kommunikasieplaneet, beweeg deur jou teken. Jy is dus gretig om te gesels, teksboodskappe te stuur, te twiet, plaas, gesels en gesprekke te voer. Vermy tog net die neiging om voort te rammel, te veel te praat en te min te luister.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Is jy vies omdat jy so baie werk agter die skerms doen en dit lyk asof niemand dit raaksien nie? Word rustig, Steenbok! Jou pogings sal weldra erken en waardeer word.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. 

Poog om ’n kreatiewe benadering met ’n proaktiewe strategie te kombineer indien jy wil vooruitgaan op geldelike gebied. ’n Bespreking kan egter vandag verwarrend raak; dus moet jy terugtree en dinge van die kantlyn af beskou.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Wat ’n persoonlike saak of werkkwessie betref, kan jou kommunikasie-antennes vandag deurmekaar raak. Ruim dus die tyd in om telefoonoproepe, boodskappe en afsprake twee keer na te gaan.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017.