JOU DAG

Kontak met ander mense kan positief of negatief wees, afhangende van jou houding.

AS JY VANDAG VERJAAR

Met jou geboorte op die sterretekens se Dag van die Groot Gebaar, staan jy graag uit in die menigte. Oktober en November is die beste maande om verlief te raak of sosiale geleenthede te organiseer.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Frustrasies gaan hoog loop en geduld min wees, so pas jou daarby aan, Ram. As jy probeer om projekte – en mense – te druk om by jou vinnige tydrooster in te pas, gaan jy jou om elke draai vasloop.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Verwag intense kommunikasie met ander mense, aangesien die planetêre patrone emosionele uitbarstings en kragspeletjies ontketen. As jy jou hardkoppige sy onder beheer kan hou, gaan alles piekfyn wees.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Baie mense gaan op die verdediging wees, maar as jy probeer om nie melding te maak van seks en geld nie, sal jy heel goed deur die dag kom. Soek kreatiewe maniere om geld te maak deur iets te doen waarvan jy hou.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Met prikkelbare Maan/Pluto-aspekte, kan vandag in enige van twee rigtings gaan: huishoudelike dramas van epiese proporsies of intense kontak met ander mense wat verhoudings na dieper en bevredigender vlakke neem.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Dit is ’n dag vir gefokusde studies en intense gesprekke. Hou egter jou jaloerse/besitlike streep in toom, Leeu. Deur gevoelens te deel beteken nie dat daar minder liefde beskikbaar is vir jou nie.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jy is vasgenael op iets en gaan nie rus voor dit nie afgehandel is nie. Wees gerus deeglik en vasbeslote om ’n oplossing te kry, maar moenie by kragspeletjies en egobotsings betrek  word nie.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Daar hang vandag ’n swaar gevoel in die lug, terwyl familie en vriende in kragspeletjies vasgevang word. Verlig die situasie met jou natuurlike talent om vrede te maak en onstuimige water tot bedaring te bring.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Strategiese Skerpioene is gebore organiseerders. Om die waarheid te sê, sommige waaghalse noem julle beheerbehep! Mik vandag daarna om beheer oor te gee en iemand anders te laat baas wees, anders gaan jou stoom – en vriende – opraak.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Baasspelerige eise gaan negatiewe reaksie van ander mense ontlok. Skakel liewer in by die kragtige planetêre energie terwyl jy persoonlike probleme probeer lap, en verskille op ’n bedagsame manier hanteer.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Dit is nie jou Steenbok-reg om alles – en almal – om jou te beheer nie. Vandag gaan jy ontdek dat ware vrede daarin lê om anders mense te aanvaar soos hulle is, eerder as om hulle te probeer verander.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. 

Die sterre begunstig dit om betrokke te raak by ’n wêreldwye uitreiking of om ’n helpende hand te verleen aan iemand nader aan die huis. Moenie dinge vandag as vanselfsprekend beskou nie, Waterdraer – kyk heelwat dieper.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Geliefdes of kollegas gaan ekstra veeleisend wees, maar moenie ’n Vis-vloermat wees en toelaat dat hulle oor jou loop nie. Die manier om teenstrydige behoeftes te balanseer, is om te mik na ’n billike transaksie vir elkeen.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017.