JOU DAG

Vandag sal ’n kombinasie van kreatiwiteit en passie jou ver bring.

AS JY VANDAG VERJAAR

Saturnus sal in 2018 ’n uitdagende projek na jou kant toe stuur. Met passie en volharding kan jy dit suksesvol afhandel.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Die Leeu-Maan sorg vir ’n lieflike tyd terwyl jy aan sport deelneem, oefen, sosialiseer of op die hoogte kom met ’n spesiale vriend. Hoe meer vrygewig jy teenoor geliefdes is, hoe beter sal die dag raak.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

As jy vandag moet werk, probeer om die balans tussen professionele projekte en tyd wat saam met geliefdes deurgebring word, reg te kry. ’n Gesinslid soek ’n bietjie ekstra emosionele ondersteuning by jou.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Tweelinge het dikwels ’n oppervlakkige begrip van ’n wye verskeidenheid van onderwerpe. Maar Mercurius beweeg agteruit; daarom moet jy poog om op ’n deeglike en gedissiplineerde manier op een ding op ’n slag te fokus.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Die klem lê stewig op finansies, terwyl jy poog om met beter maniere vorendag te kom om geldsake te bestuur. Moenie huiwer om ’n professionele persoon wat op die hoogte is te raadpleeg as jy dit nie self kan baasraak nie.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Is jy gereed om soos ’n ekspert partytjie te hou? Jy is in charismatiese Kat-modus terwyl die Maan deur jou teken beweeg. Dit is dus tyd om op jou eie spesiale en unieke Leeu-manier te sprankel, te skyn en te sosialiseer!

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Baie tyd en aandag word tans op gesinsake gefokus. Maak net seker dat jy aan elke situasie – of persoon – deeglik aandag gee voor jy na die volgende kwessie aanbeweeg.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

’n Gesinskwessie gaan deur ’n grondige verandering ... soos ’n slang wat vervel. Omstandighede is uitdagend, maar onthou jy is besig om ’n stewige nuwe huishoudelike fondament te bou.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Jupiter spring deur jou teken. Jou huidige motto kom dus van jou mede-Skerpioen, Katie Perry. “As jy dit met selfvertroue pak, kan jy basies enigiets regkry.”

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Met Saturnus en Mercurius in jou teken het jy heelwat nuwe projekte op jou vurk. En baie onafgehandelde sake ook! Gelukkig gee die vurige Leeu-Maan jou vandag ’n welkome hupstoot.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Vandag gaan die beste werk as jy prakties en produktief wees kan balanseer met kreatiwiteit en deernis. Jy is besig, maar probeer tyd opsy sit vir ontspanning, meditasie en nabetragting.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. 

Wat ’n gesamentlike onderneming of groepsaktiwiteit betref, moet jy jou intuïsie gebruik om jou toe te spits op dít wat ander mense vereis. Doen dan so ’n bietjie werk agter die skerms om dinge op die regte spoor aan die gang te kry.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jy sal goed vordering maak as jy jou oë en ore oophou. Bly op die hoogte van sake en los fantasieë vir die flieks. Moenie toelaat dat jy gedwing word om aan aktiwiteite deel te neem nie. Verminder jou spoed en neem jou tyd.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017.